Die streekorganisasie sal die SASSCAL 2.0 Navorsingsprogram op 22 en 23 Maart by die streeksekretariaat in Windhoek bekend stel. FOTO PIXABAY
Die streekorganisasie sal die SASSCAL 2.0 Navorsingsprogram op 22 en 23 Maart by die streeksekretariaat in Windhoek bekend stel. FOTO PIXABAY

SASSCAL stel program einde van dié maand bekend

Beplan verskeie navoringsprojekte oor vyf jaar
Die streekorganisasie sal die SASSCAL 2.0 Navorsingsprogram op 22 en 23 Maart by die streeksekretariaat in Windhoek bekendstel.
Elvira Hattingh
’n Dekade ná die vestiging en implementering van die Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpasbare Grondbestuur in Suider-Afrika (SASSCAL) se eerste navorsingsportefeulje, sal dit vandeesmaand ’n tweede navorsingsfase van stapel stuur.

Die streekorganisasie sal die SASSCAL 2.0 Navorsingsprogram op 22 en 23 Maart by die streeksekretariaat in Windhoek bekendstel.

Tydens die vyfjaar-navorsingsprogram sal 13 goedgekeurde projekte geïmplementeer word, in ooreenstemming met SASSCAL se vyf tematiese gebiede van landbou, water, biodiversiteit, klimaat en bosbou. Die tema van die bekendstelling is, “Op pad na impakvolle navorsingsresultate vir klimaatsaanpassing en versagtingsmaatreëls in die Suider-Afrikaanse streek”.

SASSCAL se uitvoerende direkteur, dr. Jane Olwoch, is optimisties oor die toepaslikheid en tydloosheid van die projek.

“SASSCAL 2.0 sal volgende projekte soos SUSTAIN, FoSRECs, RIBS, ELNAC, TIPPEECC, ANTELOPE, WIRE, RAM, Climate Smart Crops, Properties Plants, ANGSOILS, VRPE en byeboerdery implementeer teen ’n bedrag van ongeveer 8,6 miljoen euro,” het sy gesê.

Hierdie projekte is saamgestel deur akademiese navorsingsvennote en regeringsinstellings wat binne klimaatsverandering- en verwante bedrywe in die ses SASSCAL-lidlande werk, naamlik Angola, Botswana, Duitsland, Namibië, Suid-Afrika en Zambië.

SASSCAL 2.0 se doel is om die dreigende uitdagings wat klimaatsverandering stel, te takel en om streekintegrasie binne Suider-Afrika te verbeter, veral as dit by wetenskaplike navorsing kom.

Die portefeulje is van stapel gestuur om internasionaal erkende navorsingsprogramme te verbeter, asook om kontinentale en globale betrokkenheid te versterk.

Dit moet gedoen word deur samewerking vir internasionale navorsing te ontwikkel en uit te brei, volhoubare multinasionale vennootskappe te ontwikkel en wêreldwye uitdagings deur internasionale ontwikkelingsprojekte te takel.

Sy voorganger – die SASSCAL 1.0 Navorsingsprogram – is tussen 2012 en 2018 geïmplementeer, waartydens 88 navorsingsartikels asook 230 geëvalueerde publikasies die lig gesien het. Met behulp van die program het 227 studente hul baccalaureus- en meestersgrade ontvang, en 33 doktorsgrade is ook tydens die implementeringsfase uitgereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!