Vuurwarm Mexikaanse NLU Agribraai op Gobabis
Inskrywings sluit op 23 April
Gewilde kunstenaars wat gaan optree is onder meer Appel, Willem Botha en Eloff.
Sit jou sombrero op, oefen solank die Mexikaanse golf en kry jou braaigereedskap reg, want op Gobabis gaan die vure nie net hoog brand nie, dit gaan brandrissiewarm wees op 23 en 24 Mei.
Die Kalahari-Oos Boerevereniging bied vanjaar se NLU Agribraai aan met die Mexikaanse tema “Buenos Amigos”.
“Vanjaar se doel is om jong boere aktief te ondersteun, aan te moedig en te motiveer. Jy, jong boer, jy is ons toekoms,” sê die organiseerders.
Die twee dae sal propvol vermaak wees met gewilde kunstenaars wat Appel, Willem Botha, Eloff, Wilma van Heerden en Danie Prinsloo insluit.
Daar sal talle stalletjies en pret vir oud en jonk wees met ’n Mej. en Mnr. Boertjie wat aangewys sal word.
Altesaam 20 boereverenigings nomineer hul heel beste braaiers met die vooruitsig om met meer as N$20 000 in kontant en ander groot pryse weg te stap. Boonop spog die wenner met die titel Namibiese braaikampioene 2025!
Inskrywings vir boereverenigings is gratis en beloop N$1 000 vir sosiale spanne. Die sluitingsdatum is 23 April 2025 en die eerste tien spanne kies hul eie tydgleuwe om die geregte op die vuur op te dis.
Vir die voorgereg moet braaiers ’n Mexikaanse taco op die vuur kan voorberei en boonop is daar ’n geheime bestanddeel ingesluit wat dikwels planne omver gooi.
Vir die hoofgereg moet jy weet hoe om ’n beesrib te braai saam met rys, pampoen en ’n turksvyblaar as bykosse. Nagereg is ’n smullekker churro.
Besprekings vir verblyf by ’n tentkamp kan ook gemaak word.
Vir inskrywings en enige verdere navrae, stuur ’n e-pos na [email protected] of kontak Karin Swart by 081 567 3456 of Denise Human by 081 124 8995.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie