20
20

20 Jaar gelede - 20 Desember 2024

Audrey
MAANDAG 3 JANUARIE 2005

• Drie persone het teen druktyd hul lewens in padongelukke oor Nuwejaarsnaweek verloor. Die twee bestuurders en een passasier is dood in ? kop-aan-kop-botsing wat Oujaarsaand op Ombandjele in die Ombalantu-omgewing plaasgevind het.

• Ligte reënbuie oor groot dele van Namibië het Vrydag die laaste drie weke van bloedige hitte van die Oujaar afgesluit.



DINSDAG 4 JANUARIE 2005

• Die uitdrukking “run for your life” het vir ? Windhoekse prokureur nuwe betekenis gekry toe sy op Gesinsdag - geklee net in haar nagklere - voor die watergeweld van die tsunami-vloedramp op ? klein vakansie-eilandjie in die Indiese Oseaan moes vlug.

• Nog net een persoon is in verband met die in-transito rooftog verlede week op die Brakwaterpad buite Windhoek in hegtenis geneem.



WOENSDAG 5 JANUARIE 2005

• Me. Khayhiang Lim, senior bestuurder by Ramatex, het gister by navraag ontken dat die fabriek tydelik sy produksie gaan staak.

• ? Drastiese daling in die prys van ru-olie op die wêreldmark sal tot aan die einde van Februarie geen goeie nuus vir Namibiërs inhou nie.



DONDERDAG 6 JANUARIE 2006

• Die Caprivistreek is Maandag vir die tweede keer in minder as ? jaar op volle gereedheidsgrondslag geplaas nadat ? waarskuwing oor ? vloed in die Zambezi-rivier uitgereik is.

• Die Namibiese regering is gister skerp veroordeel vir die totale gebrek aan hulpverlening en bystand aan die miljoene slagoffers van die tsunami-ramp in die Indiese Oseaangebied.



VRYDAG 7 JANUARIE 2006

• Windhoekers moes gistermiddag inderhaas skarrel om skuiling teen ‘n harde reënbui te soek. Tussen 50 tot 60 persent kanse vir reën word vir die naweek vir die ganse land voorspel.

• Namibië se staatsgefinansierde nasionale uitsaaikorporasie, die NBC, het onverwags en eensydig ‘n tydelike verbod geplaas op godsdienstige uitsendings op televisie en alle radiostasies.

Kommentaar

Republikein 2025-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer