20 jaar gelede – vir 21 Junie
MAANDAG 21 JUNIE 2004
– Onsekerheid oor die onteiening van kommersiële plase is op die oomblik die land se grootste vyand, terwyl grondhervorming ’n nasionale aangeleentheid is wat die land in sy geheel gaan benadeel as dit nie reg aangepak word nie.
– ’n Mosie deur boere van Otjiwarongo wat vra vir internasionale ingryping in die proses van grondhervorming in Namibië, is Vrydag verwerp met ’n besluit dat plaaslike grondeienaars en die owerheid kragte moet snoer om van grondhervorming ’n sukses te maak.
– Die uitslag van laboratoriumtoetse het tot ’n vertraging in die verhoor van die vermeende moordenaar van me. Theresia Viljoen in die hoërhof gelei.
DINSDAG 22 JUNIE 2004
– ’n Vriendskaplike skikking tussen die minister van hoër onderwys, opleiding en werkskepping en die man wie se motor die afgelope naweek in ’n ongeluk beskadig is, is gister bereik.
– Die uitbreiding en ontwikkeling van die land se spoornetwerk en gepaardgaande sake-ontwikkeling, het Namibië se nasionale vervoerder genoop om meer lokomotiewe en spoorwaens aan te skaf.
– Voorspellings vir die 2004-oesvooruitsigte vir suidelike Afrika lyk sleg met derduisende families in die streek wat volgens die Wêreldvoedselprogram (WFP) hul derde jaar van voedseltekorte in die gesig staar.
WOENSDAG 23 JUNIE 2004
– ’n Singende minister van arbeid het gister nie geskroom om die kommersiële boere van onchristelikheid en ongevoeligheid teenoor hul werkers te beskuldig nie.
– Die aantal Oosterlinge in Namibië het sedert 2001 meer as drievoudig toegeneem.
– Die Namibië Plaaswerkersunie (Nafwu) gaan vanjaar op twee belangrike aspekte konsentreer, het sy sekretaris-generaal, mnr. Alfred Angula, die week by Aris gesê.
DONDERDAG 24 JUNIE 2004
– Plakkers op sy kleinhoewe sal moet opdok as hulle wil aanbly, sê mnr. Frans Kapofi, die sekretaris van die kabinet.
– ’n McDonnell Douglas (MD) 11-vliegtuig van World Airways in Amerika het gister op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekom om diens te doen in die tyd wat die Boeing 747-400-combi in Amsterdam herstelwerk ondergaan.
– Die regering gaan stappe doen om die staatsdiens se prestasies te verhoog ten einde aan die internasionale en nasionale uitdagings te voldoen.
VRYDAG 25 JUNIE 2004
– Die stryd om Namibië se Maatskaplike Voorsorgkommissie (MVK) weer op koers te bring, woed blykbaar voort met wisselende sukses nadat die ouditeur-generaal (OG) pas weer ’n verdoemende verslag oor die kommissie vrygestel het.
– Die ses asielsoekers van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) het gister ’n “SOS”-boodskap aan die internasionale gemeenskap gerig uit vrees vir hul veiligheid, nadat hulle Maandag deur die Namibiese polisie aangerand en in hegtenis geneem is.
– ’n Aansoek deur NamPower om sy produk teen ’n hoër prys aan sy klante te verkoop, is deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) goedgekeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie