20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede – vir Vrydag 7 Junie

Mandy Rittmann
MAANDAG 7 JUNIE 2004

– Pandemonium het Saterdagaand losgebars toe ʼn polisieman wat na bewering onder die invloed van sterk drank was, werknemers van ʼn sakeonderneming aangerand en verskeie skote met sy dienspistool geskiet het.

– ʼn Geweldige toename in klein stokvis in die Namibiese vanggebiede kan ʼn beduidende invloed uitoefen op kwotas en vangregte waaroor ʼn aankondiging binne dae in die Nasionale Vergadering of by wyse van ʼn verklaring deur die ministerie verwag kan word.

DINSDAG 8 JUNIE 2004

– Sedert gisteroggend bibber en beef dit bykans oor die hele Namibië, maar vandag gaan volgens voorspellings die koudste dag nóg wees.

– Namibië se twee berugste misdadiger-broers, Chris en Ian Jones, het gister by die Windhoekse landdroshof uit polisie-aanhouding ontsnap en is waarskynlik besig om na een van die buurlande te vlug.

– Namibiërs het op ongekende wyse hande gevat om die droom van goedkoper medisyne ʼn werklikheid te maak.

WOENSDAG 9 JUNIE 2004

– ʼn Dringende interministeriële ondersoek na probleme en oplossings vir die voortslepende finansiële krisis van die Katima Mulilo-dorpsraad, is van stapel gestuur.

– Die koue greep waarin Namibiërs hulle sedert die naweek bevind, duur vandag voort met temperature wat volgens voorspellings tot onder vriespunt gaan daal.

– Motorvoertuie waarvan die stuurwiele aan die linkerkant is, is onwettig op Namibiese paaie.

DONDERDAG 10 JUNIE 2004

– Die vertraging in die implementering van Windhoek se stadspolisie word voor die deur van die ministerie van streek- en plaaslike owerhede gelê.

– Die Namibiese Landbou-unie (NLU) glo dit sal teenproduktief wees om die kwessie van grondonteiening nou reeds na die hof te dwing.

– TransNamib gaan vir die eerste keer sedert onafhanklikwording die 2003-’04 finansiële jaar met ʼn wins afsluit sonder dat die maatskappy van sy bates gedurende dié jaar verkoop het.

VRYDAG 11 JUNIE 20024

– Die eerste minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, sê dit is nie nou tyd om veglustig te raak oor die regering se onteieningsprogram nie, maar om eerder onduidelikhede ten opsigte van dié program met die ministerie van grondsake, hervestiging en rehabilitasie uit te klaar.

– !Uri !Khubis, die slagplaas wat veronderstel was om ʼn nuwe era vir swart ondernemings in Namibië in te lei, het gister sy deure vir alle praktiese doeleindes finaal gesluit sodat ʼn proses van likwidasie ʼn aanvang kan neem.

– Bouwerk aan die nuwe spoorlyn tussen Tsumeb en Ondangwa het gister ʼn historiese oomblik beleef toe president Sam Nujoma saam met lede van die Namibiese weermag die eerste spoorstaaf op die dwarslêers in posisie geplaas en vasgebout het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!