20 jaar gelede
Maandag 11 Maart 2002
- ’n Moontlike langtermyn oplossing vir die waterskaarste in Namibië is onthul toe die bevindinge van die Tsumeb Waterstelselstudie (TWS) in Windhoek en op Tsumeb bekend gemaak is.
- Die beste hawediens in Afrika deur Namport op Walvisbaai voed nou visioene van ’n treindiens van Walvisbaai aan die weskus deur die hartland van Suider-Afrika tot in Dar-es-Salaam.
- ’n Omvattende ouditeursverslag van die personeelkorps van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) gaan opgestel word.
Dinsdag 12 Maart 2002
- Die eerste blokkie in die legkaart van ’n nuwe Air Namibia-toekoms val vanoggend in plek wanneer die Kabinet die gewigtige besluit oor die aanstelling van mnr. Gernot Riedel as permanente besturende direkteur van die nasionale lugredery moet goedkeur.
- Die Petroleumkorporasie van Namibië het onlangs twee konsessieblokke van die openbare lisensiëringstelsel onttrek om die vooruitsigte in die groter Kudu-gebied te bepaal.
- Alle voorsienbare probleme met die oorname van verantwoordelikheid vir die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit in die noordelike streke, is uit die weg geruim.
Woensdag 13 Maart 2002
- ’n Dispuut oor eiendom tussen die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising en Northern Electricity was gisteraand die spilpunt waarom elektrisiteitsvoorsiening aan duisende huishoudings in die noorde draai.
- Die twee grootste opgaardamme in die Suide is tot barstens toe vol en die sluise van albei damme kan dalk opgetrek word afhangende van wat die weerpatroon in die komende dae gaan doen.
- Heelwat verwikkelinge het die afgelope tyd op die vasteland van Afrika plaasgevind wat die hoop op vooruitgang laat opvlam het.
Donderdag 14 Maart 2002
- Die aanstelling van ’n hoof-uitvoerende beampte as deel van ’n regruk-operasie by die nasionale vervoerinstelling, TransNamib, is onverwags in politieke huismoles met Swapo se magsbasisse en vooraanstaande lede van die party gedompel.
- Kommersiële boere in Namibië sal die hand diep in die sak moet steek wanneer die voorgestelde wet op grondbelasting in werking tree.
Vrydag 15 Maart 2002
- ’n Skuldvrye nuwe Air Namibia het gister soos die mitologiese feniks uit die as van chaos en wanorde skoon lug binnegevlieg met ’n 60 persent Namibiese aandeelhouding en ’n 40 persent aandeelhouding van SA Airlink.
- Die 19-jarige Loide Hango, ’n derdejaarstudent aan die Politegnikum van Namibië, het ’n stap nader beweeg aan haar droom om kunsarms te kry nadat drie maatskappye ’n skenking van N$150 000 gemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie