20 jaar gelede
Maandag 3 Junie 2002
- Die Adjunkminister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Werkskepping se dreigemente van hardhandige optrede teen Unam-studente se beweerde stamgebondheid en bedrywighede wat grens aan Mishake Muyongo se terroriste-aktiwiteite, het sterk reaksie onder studentegeledere ontlok en kan selfs tot ’n hofsaak lei.
- Nagenoeg N$206 000 is Vrydag helder oordag deur rowers gebuit to hulle ’n transito-voertuig gekaap het.
Dinsdag 4 Junie 2002
- Voedselhulp uit Amerika is vanjaar die goue draad waaraan duisende Namibiërs se kosbehoeftes vir 2002 hang en waarvan die opbrengs as ontwikkelingshulp aangewend moet word.
- Die instelling van ’n wetlike raamwerk vir die totstandkoming van ’n ontwikkelingsbank vir Namibië is een van die sake wat tydens dié sitting van die Nasionale Vergadering op die sakelys is.
- Die vooruitgang van die gesondheidsektor in Afrika het gestagneer as gevolg van swak ekonomiese vertonings, politieke opstande en natuurrampe wat op die vasteland woed.
Woensdag 5 Junie 2002
- Regsmasjinerie het gisteraand in Windhoek en Johannesburg op volspoed gehardloop in ’n verbete stryd om ’n konfiskeringsgolf van Namibiese weeldevoertuie te stuit.
- Hentiesbaai se munisipale dienste het gister ’n tweede keer binne drie dae tot stilstand gekom toe ’n betogerbende uit die Omdel-buurt die terrein beset het waarop die administratiewe en verwante kantore staan.
- Geen buitelanders sal voortaan landbougrond in die kommersiële boerderygebied in Namibië mag koop sonder die uitdruklike toestemming van die Minister van Grondsake, Hervestiging en Rehabilitasie nie.
Donderdag 6 Junie 2002
- Die eerste van ’n reeks prysverhogings vir Namibiërs lê om die draai met NamPower wat sy elektrisiteitstariewe eersdaags gaan verhoog.
- ’n Vermoede oor optrede waarmee die magte van die Polisie misbruik word en ingevolge waarvan gekonfiskeerde voertuie aan die staat verbeurd verklaar kan word, was gistermiddag die grofgeskut wat in die Hooggeregshof in Windhoek afgevuur is in ’n regsdrama oor die beslaglegging op Namibiese sakemanne se Land Cruisers.
- Terwyl die NBC op die oog af alles moontlik tot selfs op ministeriële vlak doen om die wanorde binne die korporasie op te los, moes ’n ommekeer in besluitneming ’n wetlike proses regstel met ’n erkenning dat twee werknemers by die televisiediens van die NBC se summiere afdanking eintlik net ’n skorsing moes wees, afhangende die uitslag van ’n dissiplinêre verhoor.
Vrydag 7 Junie 2002
- Die unie vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu) en die unie vir Namibiese Onderwysers (Nantu) is gisteraand deur die Regering oor die kole gehaal in die aanloop tot ’n bittere stryd tussen die partye oor eise van salarisverhogings van die land se sowat 80 000 amptenare.
- Namibië se rugbyspan sal vir die Wêreldbekertoernooi kwalifiseer, het die hoofafrigter, mnr. Dave Waterston, gister prontuit gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie