20 jaar gelede
Maandag 24 Junie 2002
- Drie mense het vroeg gisteroggend op Walvisbaai in ’n koeëlreën gesterf toe ’n woestaard met ’n AK 47 op drie verskillende plekke op die dorp toegeslaan en daarna sommer op straat geskiet het.
- Die nasionale uitvoerende komitee van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) staar ’n mosie van wantroue in die gesig en dié keer is die sportunie se rondtrappery rondom die netbalproewe van hoërskole die rede tot dié drastiese optrede.
- Ondernemings moet hul werkers aandele gee as deel van hul vergoeding.
Dinsdag 25 Junie 2002
- Dringende gratis voedselverspreiding is ’n prioriteit as ’n ernstige noodtoestand in sekere dele van Namibië afgeweer wil word.
- Afrika gaan nie bakhand voor die deure van die spitsberaad van die wêreld se grootste nywerheidslande (G-8) staan wanneer dié beraad vandeesweek in Kanada plaasvind nie.
Woensdag 26 Junie 2002
- Die beginsel van billikheid teenoor sowel werkers as boere in die vasstelling van minimum-lone vir plaaswerkers is sterk beklemtoon op die jaarkongres van die Landbouwerkgewersvereniging van Namibië (LWV).
- Namibiese landstrots op ’n nasionale lugredery was gister die stukrag waarmee sakevennote hul volle steun aan ’n verlengde Air Namibia-herstruktureringsprogram toegesê het.
- Die aantal vroue wat gedurende bevallings sterf, het sedert 1992 drasties toegeneem, volgens die Namibiese Demografiese Gesondheidsondersoek wat in die jaar 2000 gedoen was.
Donderdag 27 Junie 2002
- Die geheimsinnige verdwyning van N$200 000 se kraaknuwe Namibiese dollars uit die kluise van die Bank of Namibia (BoN) is drie maande ná die diefstal nog nie naby aan opgelos nie.
- Die kwessie oor die onafhanklikheid van die Kantoor van die Ombudspersoon was gister die vet in die vuur in die NV toe ’n verslag van ’n vastekomitee in dié verband bespreek is.
- Die unie vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu) en die unie vir Namibiese Onderwysers (Nantu) is ’n stap nader aan ’n oplossing in hul bittere stryd met die Regering oor salarisverhogings van die land se sowat 80 000 amptenare nadat die betrokke partye ooreenstemmigheid oor die voorsitter van ’n versoeningsraad bereik het.
Vrydag 28 Junie 2002
- Die eerste duidelike lyne vir die beplande herorganisasie van die nasionale uitsaaier is gister getrek toe die Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Theo Ben Gurirab, NBC-personeel die versekering gegee het dat ’n heksejag nie deel van die plan uitmaak nie.
- Die DTA-UDF-koalisie aanvaar in beginsel die implementering van grondbelasting as ’n wyse om grondhervorming aan te spreek, maar bevraagteken die Regering se grondverdelingsplan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie