20 jaar gelede
Maandag 1 Julie 2002
- Twee van die 84 erwe wat vir die opspraakwekkende veiling op 24 Mei op Swakopmund verantwoordelik was, is terug in die mark.
- Die eerste tree op die pad na ’n droom van eenheid in Afrika word dié week geneem wanneer die waterskeiding spitsberaad van die Afrika Unie in Durban, Suid-Afrika, plaasvind.
- Die verhoging van tariewe vir munisipale dienste wat vroeër deur die Windhoekse stadsraad bekend gemaak was, het verskeie reaksies van die publiek gelok.
Dinsdag 2 Julie 2002
- Rye voertuie van tot vyf kilometer lank was die afgelope naweek ’n toonbeeld van die frustrasie wat besoekers wat Namibië deur die Noordoewer-grenspos wou binnekom, ondervind het.
- Nalatigheid van ’n toeris het glo veroorsaak dat sy in die hospitaal beland het ná sy Vrydag deur ’n luiperd op ’n plaas in die Solitaire-omgewing gebyt is.
- Lede van die Uitvoerende Komitee van die Parlementêre Vereniging van die Statebond gaan vroeg in September ’n woestynfees vier en Swakopmund en Walvisbaai gaan daarvoor betaal.
Woensdag 3 Julie 2002
- Die voedselveiligheidsituasie in Namibië word nou ontleed, sê die Wêreldvoedselprogram (WVP) in ’n omvangryke beroep op noodvoedselbystand in ses Suider-Afrikaanse lande.
- Een uit elke ses voertuie in besit van die Staatsgarage was die afgelope jaar in ongelukke betrokke met skade ter waarde van meer as N$2,6 miljoen.
- Stappe word deur die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur geïmplementeer om die geldsake van die Namibiese Nasionale Skolesportunie (NNSSU) reg te ruk.
- Roofvissers is deur die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo, gewaarsku om dit nie te waag om in Namibiese seegebied te probeer inglip nie.
Vrydag 5 Julie 2002
- TransNamib het ’n dringende kapitale inspuiting van die Regering nodig ten einde die beraamde verlies van N$50 miljoen vir hierdie finansiële jaar binne die volgende drie jaar in ’n wins te omskep.
- Die woorde-aanslag deur die leier van die Swapo-jeugliga op die kantoor van die Hoofregter is gister deur die Regsvereniging van Namibië veroordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie