20 jaar gelede
Maandag 8 Julie 2002
- President Sam Nujoma het gister na Durban, Suid-Afrika, vertrek om môre deel te wees van die geskiedkundige omskakeling van die Organisasie van Afrika Eenheid (OAE) na die Afrika-unie (AU).
- Die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur waarsku dat indien wanadministrasie by die Namibiese Nasionale Skolesportunie (NNSSU) voortduur, die ministerie geen ander keuse sal hê as om fondse wat vir die unie bedoel is, tydelik op te skort nie.
- ’n Verdere stap om veeboerdery in die Noordelike Kommunale Gebiede te bevorder en die “Rooilyn” oor tien jaar tot op die grens met Angola te verskuif, is deur die Kabinet geneem deur ’n bykomende N$28,1 miljoen daarvoor te bewillig.
Dinsdag 9 Julie 2002
- Vandag is een van die grootste en merkwaardigste dae op die Afrika-kalender wanneer die AU ’n werklikheid word en die plek inneem van die OAE.
- Die verdwyning van vier gewilde SAUK-televisiekanale vir DStv-kykers is finaal, maar die storm vanaf Namibiese bodem is nog lank nie verby nie.
- Saterdag se July-perderesies by die Windhoek perdewedrenbaan sal nog lank onthou word deur die sowat 2000 toeskouers wat daar was om Namibië se voorste perde en jokkies in aksie te sien.
Woensdag 10 Julie 2002
- ’n Nuwe Swapo-agterbanker in die Nasionale Vergadering, me. Gerhardine Ndjoze, is gistermiddag deur Regter President, Pio Teek ingesweer as lid van die wetgewende liggaam.
- Die totstandkoming van Afrika se jongste politieke eenheidsorganisasie, die AU, is gister in die Namibiese Nasionale Vergadering verwelkom.
- Streng optrede teen oorlaaide swaarvoertuie het vandeesweek ’n werklikheid geword met die ingebruikneming van die nuwe weegbrug by Oshivelo.
Donderdag 11 Julie 2002
- Terwyl die voorsitter van die NBC-direksie, mnr. Uazuva Kaumbi, van mening is dat die herstrukturering van die nasionale uitsaaier op koers is, het die Unie vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu) ernstige bedenkinge oor die proses.
- Ondanks die somber voorspellings en skrikwekkende syfers van MIV/vigslyers in die wêreld, het die 14de Internasionale MIV/vigs-konferensie in Barcelona, groot hoop vir MIV/vigslyers in ontwikkelde lande gebring.
Vrydag 12 Julie 2002
- Namibië kan ná gisteroggend waarskynlik op ’n wêreldrekord aanspraak maak nadat 95 472 blikkies Castle-bier van skuins ná sonop tot voor negeuur van ’n ongelukstoneel verdwyn het.
- “Ek werk al meer as 20 jaar op die see, maar ek het nog nooit só iets beleef nie,” was ’n geskokte mnr. Antonio Fernandes se reaksie op die treurspel waarin vier vissermanne van die BR Banks vermis geraak het nadat dit sowat 85 seemyl suidwes van Lüderitz in stormsee ondergegaan het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie