20 jaar gelede
Maandag 16 September 2002
- Die 21 lede en ampsdraers van Swapo se politburo is gister verkies in wat uiteindelik ’n titaniese stryd om posisies in die party se gesagvoerende liggaam geword het.
- Al kan hulle nie misdoeners soos Zimbabwe ernstig tug of bindende resolusies aanneem nie, dra die CPA die kollektiewe en individuele belange van die burgers in elkeen van sy 54 lidlande op die hart en sal hy onvermoeid voortwerk om hulle lewenstandaard te verbeter.
- Die verantwoordelikheid om terrorisme te beveg en maatreëls daarteen te tref, rus op die skouers van alle lande in die wêreld en nie net die groot moondhede nie.
Dinsdag 17 September 2002
- Windhoek se huurmotorryers was gisteroggend binne minute die verdagtes in die jongste rooftog waarin N$22 000 by ’n winkel in Soweto gebuit is.
- Onbeantwoorde liefde was die naweek waarskynlik die aanleidende faktor tot een van die grusaamste moorde wat in ’n lang tyd in Windhoek gepleeg is.
- Die kop van die direkteur-generaal van die NBC, dr. Ben Mulongeni, kan vandag rol as een van die oorsake vir die maande lange onmin onder personeel en beskuldigings van swak bestuurs- en finansiële kontrole binne die nasionale uitsaaier.
Woensdag 18 September 2002
- Die wetgewende ratte het gister begin rol om die nodige wysigings aan te bring aan huidige grondhervormingswetgewing op kommersiële landbougrond.
- Wetgewing wat die Namibiese sakesektor in al sy vertakkings swaar kan tref en terselfdertyd groot voordele vir plaaslike verbruikers kan inhou, word aanstaande week in die Parlement ter tafel gelê.
- Die Namibiese verbruikers staan ’n moeilike tydperk in die gesig met vandeesweek se rentekoersverhogings wat teen Januarie aanstaande jaar menige huishouding noustrop sal laat trek.
Donderdag 19 September 2002
- Vrese oor ’n moontlike herhaling van ’n Zimbabwe-styl grondhervormingsprogram in Namibië is gisteraand op die hoogste gesagsvlak besweer met ’n versekering deur President Sam Nujoma dat daar ’n plek vir blanke boere in die land is en dat die regering verbind bly tot die grondwetlike bepalings oor die verkryging van kommersiële landbougrond.
- Die sogenaamde “bobejaan-hofsaak” teen ’n bekende sakeman van Windhoek het ’n nuwe wending geneem met die polisie wat nou ’n siviele regsgeding in die gesig staar.
- Huidige probleme met die bestuur van sportfondse kom oënskynlik al ’n land pad en kan moontlik binnekort in die parlement onder bespreking kom.
Vrydag 20 September 2002
- “Ek is ook maar net ’n mens wat oorbelas word,” was gister ’n bykans wanhopige poging deur die finansiële raadgewer in die Kantoor van die President in antwoord op ’n vlaag kwelvrae deur ’n parlementêre ondersoekspan.
- Afgevaardigdes by die jaarkongres van die Namibiese Landbou-unie (NLU) en mede-boere is aangespoor om “in te koop” by Visie 2030 en onder meer die potensiaal van plaaswerkers te ontgin en te ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie