No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 30 September 2002

- Die toerismesektor het die afgelope naweek swaar onder misdadigers deurgeloop.

- Morné van Biljon, seun van die Cantire Audire se koorleier, mnr. Ernst van Biljon, het Saterdag tragies in die fleur van sy lewe gesterf.

- Vooruitsigte in die huidige finansiële jaar vir hulp in die vorm van ouderdomspensioene aan sowat 15 000 bejaardes, wat kwalifiseer vir staatspensioene, blyk skraal te wees.

Dinsdag 1 Oktober 2002

- Die maandlange skrikbewind van Windhoek se Maandag-rowers is gisteroggend vir die vierde agtereenvolgende week in die Namibiese hoofstad voortgesit met N$9 500 wat by ’n kettingwinkel gebuit is.

- Die regsberoep in Namibië het opnuut in ’n rasse-kookpot beland met ’n onomwonde verklaring deur die prokureur-generaal dat die Swapo-regering sy veldtog sal voortsit om dié beroep te verdemokratiseer en los te maak van “blanke oorheersing.”

- Hy moes sy vrou vra om hom te knyp toe hy Saterdagmiddag ’n yslike krododil langs die pad in die dorre suide van die land sien lê het.

Woensdag 2 Oktober 2002

- Die eerste tree tot die bereiking van politieke konsensus teen die vlaag van onbeheerbare misdaad is in die Nasionale Vergadering gegee.

- Swaar heffings van tot 30 persent word op 1 Oktober aanstaande jaar ingestel op die uitvoer van alle beeste en kleinvee op die hoef asook huide, velle en ander dieremateriaal.

- NamPower sal na verwagting sowat N$300 miljoen aan ’n waterkragprojek bestee wat Namibië selfonderhoudend in kragvoorsiening kan maak en ekonomiese groei in die Kavango- en Caprivistreek sal aanmoedig.

Donderdag 3 Oktober 2002

- Die debat oor grondhervorming in Namibië is gister ’n stap verder gevoer met ’n openlike uitdaging aan die Swapo-regering om hom in die openbaar te distansieer van opruiende uitlatings deur senior lede van die party.

- Die Kabinetsbesluit Maandag dat die lughawe Eros aan die einde van die jaar vir geskeduleerde vlugte sluit, het ’n storm van onmin en onsekerheid ontketen wat tot in die hofsale van Windhoek weerklank kan vind.

- Buitelandse ontwikkelingshulp aan Namibië het gister ’n geskiedkundige hoogtepunt bereik.

Vrydag 4 Oktober 2002

- ’n Masjienfout het veroorsaak dat van die Windhoek Skou se beste slagvleis bederf het en fyngemaal moet word vir karkasmeel.

- Die vloedgolf van gewapende rooftogte wat sedert September in die hoofstad woed, duur onverpoosd voort.

- Die Ministerie van Finansies het gister ’n dringende beroep op Namibiese besighede gedoen om die pryse van weelde-items ingevolge die nuwe belasting op toegevoegde waardestelsel (BTW) aan te pas en nie die koperspubliek uit te buit nie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!