20 jaar gelede
Maandag 21 Oktober 2002
- Namibië kan hom gereed maak vir ’n vlaag van arbeidsprotes soortgelyk aan die onlangse landswye stakings in Suid-Afrika indien die regering voortgaan met die privatisering van semi-staatsinstellings, staatsmaatskappye en ander staatsbates.
- ’n Orgie van geweld het Saterdagaand dieselfde drie rowers op ’n pad van geweld deur Auasblick en Avis tot op die damwal van dié gewilde ontspanningsplek in die hoofstad geneem, waar hulle uiteindelik ’n 74-jarige met ’n pistool in die long geskiet het.
Dinsdag 22 Oktober 2002
- FinEd, die mikrolener wat in baie gevalle die lewensaar van derduisende staatsamptenare was voor Saambou op 9 Februarie vanjaar finansieel ingestort het, kan so vroeg as aanstaande Maandag weer met uitleensake begin.
- Die vermeende Duitse swendelaar, Hans-Jürgen Koch, sal tot minstens vroeg aanstaande maand in polisie-aanhouding bly vir ’n ondersoek-verhoor oor sy moontlike uitlewering aan die Duitse regering.
Woensdag 23 Oktober 2002
- ’n Jarelange werker van die plaas Probeer in die Namib Naukluftpark het gisteroggend in die kragtige kake van ’n tweejarige leeumannetjie gesterf enkele maande nadat die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme die dier van ’n aangrensende plaas laat verwyder het.
- Die regulasies vir munisipale polisiedienste is in die regeringskoerant gepubliseer en daarmee moes die tafel gedek wees vir die Windhoekse Stadsraad om ’n kwasi-polisiediens in te stel om te help om die misdaadgolwe wat die hoofstad tref, hok te slaan.
Donderdag 24 Oktober 2002
- Namibië se misdaadkrisis is opnuut op die nasionale voorgrond met die gelyktydige indiening gister van die Polisie se jaarverslag in die Nasionale Vergadering, volgehoue politieke druk en bekentenisse oor onopgeloste wetstoepassingvraagstukke deur die Inspekteur-generaal van die Polisie en die Minister verantwoordelik vir dié portefeulje.
- ’n Omvattende regsproses het gister begin nadat ’n aangehoudene in die polisieselle op Swakopmund, Joey Yon (27), Woensdagoggend liederlik aangerand is.
Vrydag 25 Oktober 2002
- Met oorlogwolke wat opnuut in die Demokratiese Republiek opbou, het President Sam Nujoma gister saam met sy Angolese en Zimbabwiese ampsgenote in Kinshasa beraadslaag.
- Die Polisie gaan spesiale moeite doen om die gemeenskap te betrek in die voorkoming van misdaad.
- Internasionale dwelmhandel hou ’n ernstige gevaar in vir goeie staatsbestuur en het ook ’n invloed op finansiële krisisse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie