No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 28 Oktober 2002

- “Maak die wit boere vrek! Edipao, edipao (maak dood, maak dood)”, het die oorlogskrete deur die strate van Gobabis weergalm tydens die beleg van die dorp na die eerste onwettige en gewelddadige besetting van ’n kommersiële plaas in die omgewing.

- Swapo se top-leierskap in die Omahekestreek staar vanoggend ernstige kriminele klagte in die gesig weens gebeure sedert einde verlede week op Gobabis en die plaas, Kalkpan, van mnr. Ron Pieterse.

- Kleinskaalse myners van die Daures-bewaringsgebied in en om die Brandberg het dringend water, ’n mobiele kliniek, voorskoolse opvoedingsprogramme en voedselhulp nodig.

Dinsdag 29 Oktober 2002

- Meer as 50% van onderwysers in Namibië sal ingevolge ’n beoogde nuwe salarisstelsel nie meer outomaties kwalifiseer vir jaarlikse verhogings nie.

- As die moedswillige beskadiging van die Etaka-kanaal in die Onesi-omgewing voortduur, kan die Minister van Landbou, Watervoorsiening en Landelike Ontwikkeling selfs besluit om die kanaal te sluit en watervoorsiening aan gemeenskappe in die omgewing te staak.

Woensdag 30 Oktober 2002

- Geen belastingskokke of enige ander sake met onmiddellike nadelige gevolge vir Jan en Alleman se sak word môre verwag wanneer die bykomende begroting vir die huidige finansiële jaar by die Parlement ingedien word nie.

- Min onderwysers sal waarskynlik in dié stadium huiwer om aktief deel te neem, sou ’n landswye staking afgekondig word.

- Plaaslike verkiesings volgens ’n wykstelsel sal die werk wat die Regering reeds gedoen het om mense te verenig volgens die Minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie ongedaan maak.

Donderdag 31 Oktober 2002

- Die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, het aan die spits gestaan van die eerste hoëvlak ministeriële gesprek oor die gebeure verlede week op die plaas Kalkpan wat tydelik deur Swapo-lede beset is.

- Die dreigende krisis in nasionale onderwys is gister tydelik deur Minister John Mutorwa ontlont toe hy unies genooi het na ’n vergadering waar duidelikheid gegee sal word oor die voorgestelde betaalplan wat leerkragte tans die harnas in jaag.

Vrydag 1 November 2002

- Solank as wat die meerderheid mense in die land in armoede leef, word dit internasionaal as ’n tydbom beskou en tot tyd en wyl ’n blywende en regverdige oplossing vir die grondkwessie in Namibië gevind word, word alles wat in die land gedoen word, op sand gebou.

- Die herstrukturering en reorganisering van die NBC geskied in belang van sy kykers en die regering het geen politieke agenda met dié veranderinge nie.

- ’n Troep van die nuwe inname van die Namibiese Weermag (NDF) het Maandag tydens die eerste dag van opleiding gesterf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!