20 jaar gelede
Maandag 4 November 2002
- Namcol se studente sal vanaf volgende jaar tot 25% meer betaal vir hul opvoeding.
- Reën het die afgelope naweek oor die grootste deel van Namibië voorgekom en volgens Olga Karunga van die Windhoekse Weerkantoor lyk die vooruitsigte vir reën in die komende week goed.
Dinsdag 5 November 2002
- ’n Hewige haelstorm wat met reën gepaard gegaan het, het die naweek verwoesting in die suidoostelike dele van die land veroorsaak.
- Ondanks die feit dat geen noodtoestand tot nou toe deur die Namibiese Regering weens die droogte in die land verklaar is nie, bestaan die hoop dat die 345 000 slagoffers wat onder die droogtetoestand gebuk gaan vanaf volgende week voedselhulp sal ontvang.
- ’n Groep van 22 Afrika-lande het ’n deurbraak-resolusie in Santiago, Chile, aanvaar wat Namibië, Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika moontlik in staat sal kan stel om tot soveel as 70 ton ivoor wettiglik van die hand te sit.
Woensdag 6 November 2002
- ’n Skermutseling tussen ’n spesiale eenheid van die Namibiese weermag en lede van die Caprivi Bevrydingsleër het vyf terroriste dood gelaat terwyl ’n sesde persoon gevange geneem is.
- Air Namibia en TransNamib staar vandeesweek ’n dringende hof-interdik in die gesig om alle finansiële state vir bestudering deur die Parlement openbaar te maak.
Donderdag 7 November 2002
- Ongedissiplineerde optrede van lede van die Nasionale Jeugdiens is deur die Adjunkminister van Hoër-onderwys, Opleiding en Werkskepping beskryf as die stok in die wiel van dié program.
- Duiwelsklou, die plantsaad waarvan kruiemedisyne gemaak word en waarvan Namibië die wêreld se voorste uitvoerder is, is besig om in Santiago, Chili die wêrelddebat oor olifante en ivoorverkope te oorskadu.
Vrydag 8 November 2002
- ’n Vliegtuig het gister vanaf die lughawe Eros met dringende voedselvoorraad na Rundu en Katima Mulilo vertrek.
- Oor die lang termyn hang die bewaring van olifante in Namibië daarvan af of landelike gemeenskappe oortuig kan word van die ekonomiese voordeel wat dit vir hulle inhou.
- Die geldsake van die Kommissie vir Bestaansekerheid (SSC) het gister weer onder die soeklig gekom toe die Ministerie van Arbeid verantwoording moes doen oor sy finansiële status.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie