20 jaar gelede
Maandag 9 Desember 2002
- TransNamib het ’n hoë-vlak ondersoek gelas na die vierde ernstige treinongeluk in 24 maande verlede week in Windhoek waarin bykans 180 passasiers en personeel van twee treine op wonderbaarlike wyse en sonder enige beserings daarvan afgekom het.
- Die Minister van Binnelandse Sake, Jerry Ekandjo, het Vrydag bakhand by die sakegemeenskap gaan staan om die stryd teen misdaad te kan veg.
- Die dood van tien mense in ’n enkele gru-ongeluk Vrydagaand op die pad tussen Okahandja en Karibib het die dodetal op Namibiese paaie sedert die aanvang van die Kersseisoen op 1 Desember die hoogte laat inskiet.
Woensdag 11 Desember 2002
- Menseregtedag is gister wêreldwyd herdenk met internasionale waarnemers wat Namibië prys vir sy menseregte-rekord, terwyl plaaslike menseregte-bewegings die algemene toestand in die land as “haglik en kommerwekkend” beskou.
- Terwyl interne dissiplinêre stappe teen die voormalige hoofbestuurder van NamWater aan die gang gesit is, het Helge Habenicht gister volgehou dat hy die maatskappy net goed gedoen het.
- Skaars ’n week ná die Namibiese Weermag twee vlootvaartuie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontvang het, is die vermoëns van die Namibiese vlootvleuel verder uitgebrei met die amptelike oorhandiging op Walvisbaai van die Oryx-patrollievaartuig aan die NDF.
Donderdag 12 Desember 2002
- Blanke kommersiële boere is met volle reg Namibiese landsburgers soos enige ander Namibiër en is nie ’n klein groepie mense wat laer getrek het om net hulle eie belange te beskerm en te bevorder nie.
- Harry Simon, Namibië se wêreldbokskampioen, het gister nadat hy Vrydag uit ’n Kaapse hospitaal ontslaan is, sy hart opnuut aan Republikein oopgemaak rondom die gru-ongeluk waarin hy betrokke was.
- Die skip wat die grootste finansiële diensgroep na Namibië moet bring, is stewig op koers nadat Eerste Nasionale Bank (ENB) en Swabou ’n beginselooreenkoms vir samesmelting ten bedrae van N$250 miljoen bevestig het.
Vrydag 13 Desember 2002
- Die wiele het gister begin rol vir die vestiging van ’n hidro-elektriese kragstasie by die Popavalle in die Kavangostreek met die ondertekening van ’n kontrak tussen NamPower en Water Transfer Consultants om die voorvatbaarheidstudie vir die projek te doen.
- Die moontlikheid dat die Duitse voortvlugtende multimiljoenêr, Hans Jürgen Koch, uit Namibië sal vlug as borg aan hom toegestaan word, is te groot en daarom word sy borgaansoek in die Hoërhof van die hand gewys, het regters Gerrit Maritz en Peter Shivute gister bevind.
- Die hooffigure van ’n Namibiese beslote korporasie en vyf maatskappye is in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog waarby meer as N$22 miljoen betrokke is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie