No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 16 Desember 2002

- Kampeerders op Torrabaai was Vrydag tot laataand sonder water en sou na verwagting tot vandag moes wag om weer brandstof te kan tap.

- Minstens nog nege padsterftes sedert die begin van die naweek het die dodesyfer op die paaie van die land sedert die begin van Desember weer eens die hoogte laat inskiet.

- Die presidensiële motorstoet is Saterdag tussen Swakopmund en Walvisbaai deur ’n man in ’n ligte vragmotortjie van die pad gedwing nadat hy geweier het om gehoor te gee aan opdragte dat hy moet stilhou.

Dinsdag 17 Desember 2002

- Ekonomiese betrokkenheid en dividende ter waarde van miljoene Namibiese dollars is die pêrel uit die oester wat volgehoue vrede in die Angolese stryd vir Namibië gebring het.

- Ses boggelrugwalvisse het gister teenoor Pelikaanpunt vir ’n skouspel van ’n leeftyd gesorg toe hulle toeriste op drie skibote langer as ’n uur vermaak het.

- Dit was asof die koedoes die rooi lig van ’n SOS International-ambulanswa uitgesoek het op ’n nagtog wat by Okahandja sou eindig toe twee van die diere binne ’n uur in die reddingsvoertuig vasgehardloop het.

Woensdag 18 Desember 2002

- Die hoekstene van die Namibiese ekonomie het die aanslae van ’n huiwerige internasionale mark in 2002 trotseer en 2003 gaan die jaar van beter brandstof- en voedselpryse en ’n verlaging in rentekoerse en inflasie wees.

- Die Regering se totale skuldlas het aan die einde van September vanjaar op N$8,1 biljoen gestaan.

- Versoeke vir die aanhoor van getuienis in die presidensiële kommissie van ondersoek na die aktiwiteite en bestuur van die Maatskaplike Voorsorgfonds agter geslote deure is gister deur die voorsitter van die kommisie van die hand gewys.

Donderdag 19 Desember 2002

- Getuienis wat gister deur mnr. Walter Don, voormalige personeelbestuurder van die Maatskaplike Voorsorgfonds (MVF), voor die kommissie van ondersoek na ongeruimdhede by die fonds gelewer is, is oor die algemeen as onbevredigend bestempel.

- Opdrag is gistermiddag van Swakopmund gegee dat beslag op ’n viertrekfiets in die kampeergebied van Myl 72 gelê moet word nadat klagte ingestroom het oor rusverstoring in die oord.

Vrydag 20 Desember 2002

- Goeie nuus wag op die land se belastingbetalers wanneer die Ministerie van Finansies so vroeg as Maart aanstaande jaar aanpassings aan belastingwette kan aankondig.

- Dis ’n Kaapse en Gautengse Krismis en Nuwejaar sonder oesters saam met vonkelwyn. En waar ’n gelukskoot nog getref word, kan so ’n oester tot N$10 stuk kos.

- Die Regering se voorgestelde plan vir minimum en maksimum lone vir onderwysers loop die gevaar om geen besparing teweeg te bring nie en groter klem moet eerder op die gehalte van onderwys gelê word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!