20 jaar gelede
Maandag 13 Januarie 2003
- ’n Namibiese burger wat voorheen verbonde was aan die Suid-Afrikaanse Burgerlike Samewerkingsburo (BSB) en nou langtermyn-gevangenisstraf uitdien, beweer hy weet wie adv. Anton Lubowski in 1989 vermoor het en hy was glo ook self betrokke in die misleidingsplan wat volgens hom die dood van die destydse Mosambiekse president, Samora Machel, veroorsaak het.
- ’n Dringende versoek is deur die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) gerig vir ’n ondersoek na noodlottige ongelukke wat gedurende die laaste twee jaar in die mynbedryf voorgekom het.
Dinsdag 14 Januarie 2003
- Meer as ’n halfmiljoen skoliere keer vanoggend terug na hul klaskamers vir die 2003 akademiese jaar, ’n gebeurtenis wat bykans elke huishouding in die land raak.
- ’n Grusame motorongeluk het gistermiddag die lewens van vier mense geëis en agt met ernstige beserings in die hospitaal laat beland toe ’n minibus onderweg na Rehoboth omgeslaan het.
- Onweerswolke oor die sluiting van die lughawe Eros op 7 Februarie vir geskeduleerde vlugte het gister uit twee fronte en oor landsgrense saamgepak met teregwysings oor hoe die Namibiese Regering en veral die Kabinet die omstrede besluit afgedwing het.
Woensdag 15 Januarie 2003
- Die Namibiese grens met Botswana is opnuut vir alle bewegings van diere en diereprodukte gesluit ná nog ’n uitbraak van bek-en-klouseer in dié buurland.
- Onkunde en ’n gebrek aan kommunikasie tussen alle betrokkenes in die minimum-loonooreenkoms vir plaaswerkers speel waarskynlik die grootste rol in gedwonge afdankings van plaasarbeiders landwyd.
- Net meer as ’n maand voor die 128 vermeende Caprivi-afstigters weer in die hof op Grootfontein moet verskyn, is dit onduidelik of hierdie historiese regsgeding inderdaad op 25 Februarie voortgesit sal word.
Donderdag 16 Januarie 2003
- Daar is gister hoorbaar na asems gesnak toe getuig is dat die Maatskaplike Voorsorgfonds ’n pennestel teen N$7 500 gekoop het om belangrike kontrakte mee te onderteken.
- Kort op die hakke van die verlaging in die prys van brandstof wat om middernag in werking getree het, het Namib Meulens gister aangekondig dat hy sy prys van verwerkte mielie- en koringprodukte met tussen vyf en tien persent gaan verlaag.
Vrydag 17 Januarie 2003
- ’n Tweejarige meisietjie van Windhoek was Woensdagaand ’n ooggetuie vanaf hul huis se voorstoep toe haar pa en enigste held in ’n koeëlreën neerval nadat waaghalsige rowers hom in ’n hinderlaag gelok het.
- Namibië het sowel Suid-Afrika as Mauritius verbygesteek wat die uitvoer van klerasie na Amerika betref en wanneer Ramatex in volle produksie is, sal Namibië die grootste enkele uitvoerder van klerasie in Afrika wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie