20 jaar gelede
Maandag 20 Januarie 2003
- Die skrikbewind van georganiseerde misdaadbendes in die suidelike woongebiede van Windhoek waar gewapende inbrekers nie skroom om hul slagoffers te skiet nie, het gelei tot ernstige waarskuwings dat die publiek nie moet probeer om polisiëringsdienste in hul eie hande te neem nie.
- Namibië is een van die min Afrika-lande wat teen September volgende jaar aan die vereistes van die Amerikaanse invoermark vir tekstielstowwe sal kan voldoen.
- Die huidige stand van onderwys in Namibië is só kritiek dat dit bykans onmoontlik sal wees om die ideale wat in Visie 2030 gestel word, te verwesenlik.
Dinsdag 21 Januarie 2003
- Omvattende veranderinge aan die Regbank is voor die deur omdat die opperstruktuur “leliewit is en weerstand bied teen verandering”. Die boodskap kom van die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab.
- Interne struwelinge, alliansievorming, voortrekkery, toe-eiening, onbevoegdheid en beleidsverwarring is volgens die voormalige voorsitter van die Maatskaplike Voorsorgfonds (MVF), adv. Gerson Hinda, van die oorsake vir die wanbestuur by dié instelling.
- ’n Struikrower wat al vir nege jaar deur die polisie gesoek word, het die naweek vir die soveelste keer op niksvermoedende stappers in die veld toegeslaan.
Woensdag 22 Januarie 2003
- ’n Amptelike dagvaarding vir Harry Simon, Namibië se wêreldbokskampioen, om op 25 April op aanklag van strafbare manslag in die landdroshof op Walvisbaai te verskyn, is gister deur die staatsaanklaer op dié dorp uitgereik.
- Groot onduidelikheid heers oor dokters se reg om medisyne uit te deel nadat ’n kennisgewing in dié verband in November verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer is.
- Midde voorbereiding vir die 2003 akademiese jaar by die Universiteit van Namibië en die Politegnikum van Namibië moet studenteskuld nog ingevorder word voordat die nuwe jaar volstoom kan begin.
Donderdag 23 Januarie 2003
- Nege polisiebeamptes staan tereg op klagte van moord nadat een van die vermeende rowers van die Kleine Kuppe-bende wat Vrydagnag deur die polisie vasgetrek is, aan ernstige beserings beswyk het.
- Hoe voel dit as jy ’n kas met 16 bottels rooiwyn waarvoor jy so pas N$12 500 by ’n veiling betaal het, laat val dat jy net glasstukke hoor spat?
- ’n Sluier van geheimhouding is gister op die hoogste vlak rondom ’n voorval getrek waartydens ’n graad-9 leerling na bewering in een van Windhoek se spogskole ’n swaarkaliber rewolwer in sy boektas gehad het.
Vrydag 24 Januarie 2003
- Smokkelware met ’n straatwaarde van meer as N$7 miljoen is gister deur die polisie in beslag geneem ná verskeie klopjagte Woensdag op sakepersele in Windhoek uitgevoer is.
- Werk om die Walvisbaai-lughawe op te gradeer na internasionale standaarde sal in die komende boekjaar begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie