20 jaar gelede
Maandag 27 Januarie 2003
- Twee rowers, waarvan minstens een gewapen was, het Saterdag omstreeks middernag in die gange van Republikein se hoofkantoor in Omuramba-weg in Eros gesterf toe hulle by die koerantgebou ingebreek het.
- Gemoedere het die afgelope naweek op Gobabis opgevlam nadat lede van ’n sekuriteitsmaatskappy wat deur die Oostelike Risikobeheer-aksietrust (ORBA-trust) gehuur is, op ’n vermeende skaapdief losgebrand en in die proses ’n man in sy linkerheup gewond het.
- ’n Namibiër kan dalk vanjaar met die groot prys wegstap wanneer M-Net vir die derde keer sy gewilde realiteitsreeks Big Brother aanbied.
Dinsdag 28 Januarie 2003
- Wydverspreide reënbuie het die afgelope week en naweek oor die noordooste en dele van die sentrale hoogland voorgekom en inwoners in dié gebiede was in hul noppies oor die neerslae.
- Vragoperateurs by die lughawe Eros se voortbestaan hang vanoggend aan ’n draadjie met die hoogste gesag in die land wat vandag moet besluit of hulle hul geskeduleerde oornagvlugte mag voortsit met die Regering wat dié gewilde lughawe op 7 Februarie vir sodanige vlugte sal sluit.
Woensdag 29 Januarie 2003
- Groot uitdagings lê vir die pasaangestelde vyf hoofbestuurders van die beleërde Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) voor om die nasionale uitsaaier reg te ruk en op sy voete te kry.
- Veediefstal is vanoggend weer die brandpunt in die Omahekestreek nadat gemoedere die week op die dorp oor dié kwessie opgevlam en tot oproer in Gobabis se strate gelei het.
Donderdag 30 Januarie 2003
- Dringende stappe word op hoë vlak geneem om vrede in die Omahekestreek te herstel terwyl oproer gister by die landdroshof op Gobabis ’n sluier getrek het oor die moontlikheid van ’n spoedige skikking in die plofbare toestand.
Vrydag 31 Januarie 2003
- Deeltydse kandidate, waarvan die meeste die IGCSE-eksamen deur middel van die Namibiese Kollege vir Ope- en Afstandonderrig (Namcol) afgelê het, het verlede jaar naelskraaps beter presteer as in die vorige jaar.
- Die algemene verkiesing van 2004 kan volgens die Speaker, dr. Mosé Tjitendero, ’n waterskeiding bring in Namibiese politiek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie