20 jaar gelede
Maandag 3 Februarie 2003
- Honderde millimeter reën wat Vrydagmiddag op Rundu geval het, het die dorp op Namibië se noordgrend byna sonder water gelaat.
- ’n Sestienjarige skoolmeisie van die Hoërskool Delta in Windhoek se lyk is voor die naweek gevind ná sy sedert verlede Maandag vermis is.
- Namibië is Vrydag deur die diplomatieke korps in die land as ’n voorloper en voorbeeld in die toepassing van nasionale versoening en bevordering van vrede en stabiliteit op die Afrika-vasteland bestempel.
Dinsdag 4 Februarie 2003
- Boere in veral die mieliedriehoek het nou die dag nog gekla oor die min reën wat hulle ontvang het, maar met die goeie buie wat die afgelope dae geval het, is hulle meer positief.
- Tien lynvisregte is deur die Ministerie van Visserye opgeskort en die regte vir die vang van harders is vir vier maatskappye nie hernieu nie.
- Die bestuur van die Universiteit van Namibië het laat gisternamiddag die warm patat rondom vergoedingsaanpassings vir personeel by dié instelling in die unies se speelveld teruggeslaan deur te sê dat hulle nié onder verpligting staan om onmiddellik salarisse te verhoog nie.
Woensdag 5 Februarie 2003
- Die wiele is aan die rol gesit vir Namibië se grondhervormingspogings toe kommersiële boere onder die vaandel van die Namibiese Landbou-unie gister op Karasburg konsensus bereik het oor die noodsaaklikheid en onafwendbaarheid van grondhervorming in die land.
- Die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, het gesê die regsverenigings in Namibië behoort nie ekskusief “wit of swart” te wees nie.
Donderdag 6 Februarie 2003
- Mnr. Hage Geingob, voormalige Eerste Minister van Namibië en politikus met internasionale aansien, is terug in die openbare oog ná hy in Augustus verlede jaar onseremonieël uit die Regering bedank het.
- Die Keetmanshoop-landboustreek het gister die tweede streek geword wat eenparig sy gewig agter grondhervorming geplaas het.
- Die Raad van Kerke in Namibië (CCN) het sy steun aan die Regering se beleid oor die onteiening van grond toegesê en die Regering voorts aangemoedig om toe te sien dat grond wat in onbruik is of aan buitelanders behoort so spoedig moontlik onteien word.
Vrydag 7 Februarie 2003
- Die grondkonferensie-inisiatief van die president van die Namibiese Landbou-unie, mnr. Jan de Wet, was gister op Mariental in stormwater.
- ’n Sterk rukwind het gister in ’n oogwink die middedorp van Tsumeb in rep en roer gehad to die dak van die Eerste Nasionale Bank-gebou op die dorp afgeruk is en aan die oorkant van die hoofstraat te lande gekom het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie