No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 10 Februarie 2003

- Goeie nuus vir Namibiërs is dat die wydverspreide reën wat die afgelope week in die land geval het, dié week waarskynlik sal voortduur.

- ’n Uitdagende mnr. Jan de Wet het kommersiële boere die geleentheid gegee om van die Uitvoerende Raad en die Namibiese Landbou-unie (NLU) ontslae te raak indien hulle voel georganiseerde landbou kan nie vertrou word om die grondkwessie te hanteer nie.

- Nog N$1,5 miljoen se vervalste sigarette is die naweek deur die polisie in ’n huis in Karasburg gevind.

Dinsdag 11 Februarie 2003

- ’n Welkome vars bries het gister deur die grondvergadering van die Namibiese Landbou-unie in Windhoek gewaai nadat dit bekend geword het dat die Wêreldbank hom reeds bereid verklaar het om insette te lewer vir die NLU se grondhervormingsplan vir die land.

- ’n Vooraanstaande boer uit die Gobabisdistrik is steeds in aanhouding op dié dorp in verband met die beweerde aanranding van ’n 17-jarige seun en sal waarskynlik vandag om borg aansoek doen, terwyl ’n nasionale rugbyheld gister op borg van N$1 500 vrygelaat is op ’n soortgelyke klag.

Woensdag 12 Februarie 2003

- Boere van die Grootfonteinstreek het gister reeds die beplande geheime grondplan van die NLU verwerp indien dié plan nie eers aan die kommersiële boere vir goedkeuring voorgelê word nie.

- Die onlangse vlaag geweldmisdade teen vrouens en kinders is skerp deur pres. Sam Nujoma veroordeel en hy het sy diepe kommer daaroor uitgespreek.

Donderdag 13 Februarie 2003

- Die misdaadvlaag waaronder Namibië gebuk gaan en die skynbare onvermoë van die Polisie om dié vraagstuk na behore aan te spreek het uitgeloop op ’n versoek dat polisiedienste in die land gekommersialiseer moet word.

- Aan die hart van die konflik tussen kommunale en kommersiële boere in die Omahekestreek lê swak wetstoepassing en ’n vlaag veediefstalle wat handuit geruk het.

Vrydag 14 Februarie 2003

- Die implementering van die herstrukturering van TransNamib, waarvan die eerste fase vandag in werking sou tree, is tydelik opgeskort.

- Die jongste voorval van gewapende roof in Windhoek het ’n bloedspoor deur Prinsloostraat in Pionierspark gelaat soos ’n gewonde rower probeer vlug het nadat hy deur die huiseienaar en twee jong seuns oorrompel is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!