20 jaar gelede
Maandag 17 Februarie 2003
- Ekonome en finansiële instellings is optimisties dat Namibiërs vanjaar ’n gunstige begroting kan ervaar met daadwerklike pogings van die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, om fiskale dissipline af te dwing en die land se skuldlas in toom te hou.
- Die Kameeta-vermanings oor rassediskriminasie en die oorbeklemtoning van etnisiteit is Vrydag herhaal nadat die Swapo-partymondstuk, “Namibia Today”, na biskop Zephanie Kameeta as ’n politieke opportunis verwys het.
- Kommunale en kommersiële boere in die Omahekestreek moet as ’n verenigde front die Polisie help om veediefstal in die streek hok te slaan aangesien wetstoepassers tot dusver nie daarin kon slaag om die veediefstalsindikaat vas te trek nie.
Dinsdag 18 Februarie 2003
- Verskeie ernstige vraagtekens hang oor die Regering se jongste besluit om nog ’n spesiale fond te stig wat deur verpligte heffings gefinansier sal moet word.
- Die veelbesproke drierigtingstop in Sean McBridestraat, Olympia, het die afgelope naweek weer eens vir ’n ligte opskudding in dié buurt gesorg.
Woensdag 19 Februarie 2003
- Mnr. Matheus Shikongo is gister vir nog ’n termyn as die burgemeester van Windhoek ingehuldig.
- Makelaars en versekeringsagente het byna N$14 miljoen aan kommissie verdien uit die sowat N$95 miljoen wat die Maatskaplike Voorsorgfonds in 2001 in lewensversekering belê het.
- Die gewese staatsaanklaer van die Gobabis-landdroshof, me. Elly Hamuyela, is gister ná ’n uitgerekte verhoor van vier jaar, in die Windhoekse Hoërhof op drie bedrogklagte skuldig bevind.
Donderdag 20 Februarie 2003
- Namibië se grondvraagstuk is een van die huishoudelike aangeleenthede wat saam met die ondoeltreffende handhawing van wet en orde die totale toerismebedryf kan laat skipbreuk ly indien dit nie reg hanteer word nie.
- Die herstruktureringsprogram van TransNamib is gister in sy spore gestuit toe die direksie van die vervoerkorporasie opdrag aan die bestuur gegee het om die implementering daarvan op te skort.
Vrydag 21 Februarie 2003
- Gam in Boesmanland het met die stertkant van die stormweer wat vir die noordooste van die land voorspel is, die afgelope week die meeste reën op een dag gekry.
- Altesame N$400 000 is dringend nodig vir die herstel en opknapping van die Nasionale Teater – een van Windhoek se bekendste landmerke – en met die aanbieding van Gilbert & Sullivan se musiekblyspel Mikado hoop die NTN om dié bedrag met die ondersteuning van Namibiërs in te win.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie