20 jaar gelede
Maandag 24 Februarie 2003
- Blanke en swart boere van Omaheke het Vrydag op Gobabis besluit om die strydbyle te begrawe en dialoog die geleentheid te gee om wedersyds aanvaarbare oplossings te bring vir die heersende konflik in dié streek.
- ’n Sewentienjarige seun is weens die verkragting van ’n vyfjarige meisie to agt jaar gevangenisstraf in die Windhoekse Hoërhof gevonnis.
Dinsdag 25 Februarie 2003
- “Onderwysers wat te arrogant is om poste in ander skole en streke in die land te aanvaar hoort nie in die onderwys nie en ontslaan hulle self sodoende uit die onderwysberoep.”
- Die toesighoudende gesag oor finansiële instellings in die land, Namfisa, het reeds stappe geloods teen makelaars, agente en versekeringsmaatskappye wat as gevolg van beleggingsongerymdhede by die Maatskaplike Voorsorgfonds verdink word van wangedrag.
- Beleggings in mannekrag het die afgelope 20 jaar die groeikoers van 16 opkomende ekonomieë met sowat ’n half persent laat toeneem.
Woensdag 26 Februarie 2003
- Die Namibiese Premier, mnr. Theo-Ben Gurirab, het gister kaalvuis in die kryt geklim teen Namibiese leiers wat wegskram of verdedigend begin optree wanneer ernstige landsprobleme soos korrupsie, stamgebondenheid, gierigheid en selfverryking onder die loep geneem word.
- Die verhoor van 124 verdagtes betrokke by die afstigting van die Caprivi vóór en ná ’n aanval op Katima Mulilo op 2 Augustus 1999 is gister in die Grootfonteinse Hoërhof onder hewige protes van die beweerde rebelle tot 6 Mei uitgestel.
Donderdag 27 Februarie 2003
- Die hek voor die landdroshof in Gobabis én ’n polisiebeampte het gister in die slag gebly toe ’n ontstoke groep inwoners aangedring het om ’n petisie met hul griewe oor die twee regsake wat volgens beriggewing gister hier in die hof sou dien, aan die hof te oorhandig.
- Die bekamping van korrupsie het gister weer sterk op die voorgrond getree met die bekendstelling van die program vir die bevordering van nasionale integriteit deur die Kantoor van die Ombudsman.
Vrydag 28 Februarie 2003
- ’n Mens kon ’n speld hoor val in die Nasionale Vergadering toe Namibië se eerste Eerste Minister, mnr. Hage G. Geingob, wat die land 12 en ’n half jaar in dié posisie gedien het, vir oulaas opgestaan en sy vaarweltoespraak gelewer het.
- ’n Koning heers weer op Walvisbaai. Hy’s ’n apostel van versoening en eenheid, het King Mandume Muatunga, gister gesê nadat hy Woensdagaand as burgemeester van Walvisbaai aangewys is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie