20 jaar gelede
Maandag 10 Maart 2003
- Skelmstreke en bedrog deur lede van die publiek is ’n ernstige kopseer vir die Ministerie van Binnelandse Sake. Die onder-sekretaris in die Ministerie, mev. Freddie Eliphas, sê personeel in die Ministerie se werklas word aansienlik hierdeur bemoeilik.
- Hervestiging op staatsgrond behels ook die aanvaarding van verantwoordelikheid, het die Minister van Landbou, Waterwese en Landelike Ontwikkeling, mnr. Helmut Angula, in Damaraland gewaarsku terwyl grondhervorming as ’n landwye debat voortrol.
Dinsdag 11 Maart 2003
- Vreugde het gister geen keer gehad nie toe Agnes Amagulu (25) van die Uutsima-nedersetting in die Omusatistreek haar ontvoerde baba teruggekry het.
- Harry Simon sal op 24 April in die landdroshof op Walvisbaai op ’n aanklag van strafbare manslag verskyn ná die gru-motorongeluk verlede jaar in November waarin drie Belgiese toeriste by Langstrand gesterf het.
Woensdag 12 Maart 2003
- Die verwagtinge om olie- en gasvelde in die binneland van Namibië bloot te lê, is gister ’n stap verder gevoer met die toekenning van ’n verkenningslisensie aan ’n Amerikaanse olie-maatskappy.
- Windhoekers bly aan die verloorkant, ná die kontrak tussen NamPost en die Windhoek Munisipaliteit waarvolgens munisipale rekenings by poskantore vereffen kon word, vanaf vandag opgeskort is.
Donderdag 13 Maart 2003
- Die Minister van Finansies en die Air Namibia-bestuur is gister in die NV daarvan aangekla dat hulle die landswette oortree, geld verkwis en dat hulle toegelaat word om ongehinderd die lugredery op ’n roekelose wyse te bestuur.
- Altesaam 29 bokke wat in Botswana gesteel en na ’n kommunale plaas in die Talismanus-gebied van Namibië gesmokkel is, is gister ingevolge ’n regeringsbevel op Gobabis uitgesit en verbrand.
- ’n Duur Mercedes-Benz onderweg na Namibië is met meer as N$3,3 miljoen se kontant in die bagasiebak deur die Suid-Afrikaanse polisie by die Nakop-grenspos onderskep.
Vrydag 14 Maart 2003
- Pensioene en beleggings van duisende Namibiërs is die afgelope 12 maande ernstig benadeel toe aandelemarkte onder druk was en miljoene dollars verloor het.
- Die drie seuns wat vroeër vanjaar in ’n Windhoekse skool met ’n .38 Spes. rewolwer betrap is, is Maandag amptelik deur die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur uit die skool gesit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie