20 jaar gelede
Maandag 17 Maart 2003
- Die Polisie is ferm in beheer van ’n twis oor gesteelde vee wat tot gevolg gehad het dat sowat 200 Hereroboere Woensdag stelling ingeneem het voor die hekke van ’n plaas naby Leonardville.
- Die ernstige afmetings wat huishoudelike geweld in Namibië aanneem, maak dit dringend noodsaaklik dat die Wetsontwerp op Huishoudelike Geweld so gou as moontlik aanvaar word sodat dit ’n Wet van die Parlement kan word.
- Borg van N$200 000 onder baie streng voorwaardes is in die landdroshof van Upington toegestaan aan die man wat verlede week probeer het om meer as N$3,3 miljoen in sy motor se kattebak na Namibië te smokkel.
Dinsdag 18 Maart 2003
- Namibiërs moet hulself staal vir katastrofale gevolge op die landsekonomie en ontwikkeling indien oorlog tussen Amerika en Irak uitbreek, het plaaslike ekonome gewaarsku.
- Terwyl Amerika en sy bondgenote in die stryd teen Saddam Hussein en Irak gisteraand laat oortuig was dat ’n aanval op die olieryke staat die enigste uitweg is, het Frankryk, Duitsland en die Russiese Federasie volgehou dat diplomasie nog ’n kans gegun moet word.
- Nóg ’n vakbond vir staatsdienswerkers het die aangekondigde salarisverhogings van 18 persent oor die volgende drie jaar vir staatslui verwelkom en gesê dit sal help om swak landsadministrasie te verbeter.
Woensdag 19 Maart 2003
- Namibië behoort die Nuwe Vennootskap vir Ontwikkeling van Afrika (Nepad) as ’n gulde geleentheid vir die bewusmaking van sy toekomstige behoeftes aan skenkershulp te sien en moet nie so negatief teenoor dié plan se vereistes vir goeie regering en die beskerming van menseregte staan nie.
- ’n Nuwe hoofstuk in Namibië se staatsfinansies is gister geopen toe die Swapo-meerderheid die aanstelling van mnr. Junias Etuna Kandjeke as die nuwe Ouditeur-generaal deur die Nasionale Vergadering (NV) gestoomroller het.
- In die sterkste vertoon van bereidwilligheid om Irak aan te val indien daar nie aan die eise van die VSA en die Verenigde Nasies toegegee word nie, het duisende Amerikaanse mariniers gevegsposisies in die woestyn van Koeweit begin inneem.
Donderdag 20 Maart 2003
- In die eerste stap tot volskaalse oorlog het Amerikaanse soldate gister die gedemilitariseerde sone van die grens tussen Irak en Koeweit binnegegaan.
- Rhino Namibia, ’n filiaalmaatskappy van Ramatex, begin binne die volgende drie weke met tekstielproduksie wat 3 800 bykomende werksgeleenthede vir Namibiërs in die bedryf sal skep sodra volle produksie bereik is.
- Die spesiale hersiening van ’n saak in die hof op Lüderitz waar vyf beskuldigdes weens die onwettige besit van dobbelmasjiene tereggestaan het, is in die Windhoekse Hooggeregshof tersyde gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie