20 jaar gelede
Maandag 24 Maart 2003
- Amnestie vir altesaam 1 735 gevangenes en harde woorde vir rassistiese blanke werkgewers en Namibiese mans wat vroue mishandel, was Vrydag pres. Sam Nujoma se boodskap toe hy tydens die 13de onafhanklikheidsvieringe in Windhoek gepraat het,
- Minstens vyf mense is Donderdagaand in een van die ernstigste padongelukke van die jaar dood en drie ernstig beseer terwyl 13 ander met gebreekte bene en arms daarvan afgekom het.
Dinsdag 25 Maart 2003
- ’n Swapo-agterbanker, mnr. Ponhele ya France, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) teen die gehalte van opleiding van die gewapende magte uitgevaar met beskuldigings dat dit uit die 19de eeu dateer en nie aan die eise van die 21ste eeu voldoen nie.
- Dit het begin by die een inbraak ná die ander en nou het onderlinge twis gelei tot die sluiting, of eerder die toesweis van die Vleisland-slaghuis in die Cimbebasia-woonbuurt in Windhoek se deure.
- ’n Bedrag van N$42 miljoen wat die Maatskaplike Voorsorgkommissie in 2001 by Channel Life belê het, was op 28 Februarie van jaar net N$35,4 miljoen werd.
Woensdag 26 Maart 2003
- Die oorlog tussen Amerika en Irak kan die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, se planne vir ekonomiese groei, ’n aanvaarbare begrotingstekort en ’n hanteerbare skuldlas vir die volgende drie jaar kortwiek.
- Die skalpel van die ondersoek na die Maatskaplike Voorsorgfonds het gister beendiep op die onbevoegdheid by dié instelling gesny.
- Daadwerklike groei op Air Namibia se streekroete het die lugredery genoop om ingevolge sy nuwe sakeplan vanaf 1 April ’n tweede Boeing 737 op sy daaglikse vlugte na Johannesburg en Kaapstad in te span.
Donderdag 27 Maart 2003
- ’n Drastiese prysverhoging in die voorsiening van elektrisiteit is vanaf 1 Julie Namibiërs se voorland.
- Die vlaag van verkragtings en geweldpleging teen veral vroue en kinders in Namibië oorheers op die oomblik die openbare debat met versoeke en pleidooie vir ingrypende optrede om dié euwel te stuit.
- Wysigings aan die Grondwet het noodsaaklik geword ten einde verkiesings meer kostedoeltreffend te maak en te sinkroniseer.
Vrydag 28 Maart 2003
- Byna een derde van alle volwassenes op Oshakati het MIV/vigs onder lede.
- Nuwe minimum loonskale en diensvoorwaardes vir alle werkers in Namibië se konstruksiebedryf is in die Staatskoerant afgekondig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie