20 jaar gelede
Dinsdag 23 April 2003
- Na die goeie reënneerslae wat verlede week oor groot dele van die land uitgesak het, lyk die vlakke van Namibië se belangrikste opgaardamme aansienlik beter.
- Hoop het voor die naweek begin opvlam dat ’n oplossing vir die dreigende staking by TransNamib, wat rampspoedige gevolge vir die land se vervoersektor kan inhou, gevind kan word.
- President Sam Nujoma het die private sektor aangemoedig om ’n bydrae te maak ten einde pogings om handel in onwettige en konflikdiamante hok te slaan.
Woensdag 24 April 2003
- Uitlatings die naweek deur pres. Sam Nujoma dat die Namibiese Regering net drie kerk-denominasies, naamlik die Anglikaanse, die Rooms Katolieke en die Lutherse kerke erken, het gister skokgolwe deur die land gestuur.
- Die Regering het gister lynreg teenoor die vakbondbewegings stelling ingeneem ná ’n staking by die Ramatex-tekstielfabriek wat Namibië se beeld as ’n stabiele beleggersbestemming ernstige skade berokken het.
- De Beers Marine Namibia, Namdeb se aflandige filiaalmaatskappy, se jaarlikse produksie van sowat 570 000 karaat diamante kan met tot 20 persent verhoog word ná die maatskappy die bates van Namco Mark II in ’n transaksie van US$20 miljoen bekom het.
Donderdag 25 April 2003
- Growwe oortredings met kredietkaarte en ongeoorloofde uitgawes ten bedrae van miljoene dollar is die aantygings van ’n vars klagstaat waarop nog drie topbestuurders van die beleërde NamWater binne dae moet antwoord.
- ’n Toutrekkery oor pensioengeld van nagenoeg N$600 miljoen tussen Momentum Life in Suid-Afrika en duisende Namibiese staatsdiensamptenare neem vanoggend ’n interessante wending wanneer die hulp van mnr. Nangolo Mbumba, die Minister van Finansies, ingeroep word.
- Die Speaker, dr. Mosé Tjitendero en die Adjunk-speaker eerw. Willem Konjore, het gister onder skerp kritiek deurgeloop vir die wyse waarop ’n mosie deur die Kongres van Demokrate (CoD) die afgelope tyd hanteer is.
Vrydag 26 April 2003
- ’n Bom dreig om te bars oor korrupsie, bedrog en diefstal in die staatsdiens.
- Die Bank van Namibië het gister amptelik begin voorbrand maak vir die instelling van wetgewing om Namibiese effektetrustmaatskappy te verplig om ’n aansienlike gedeelte van dié multimiljardbedryf plaaslik te belê.
- Grondhervorming en die gevare wat die groot Swapo-meerderheid in die parlement vir die onafhanklikheid van die wetgewende gesag inhou, was gister die belangrikste fokuspunte in ’n geskiedkundige eerste ontmoeting tussen die Speakers van Namibië en Duitsland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie