No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 28 April 2003

- Pelsers, die mooi klein vissie waarop die ekonomie van Walvisbaai gebou was, is op pad terug. ’n Pelserkwota kan selfs vandag nog op ’n sitting van die Visserye–adviesraad vir aankondiging deur die Kabinet aanbeveel

word.

- Die salarisdispuut tussen die Namibiese Unie vir Vervoer en Verwante Werkers (Natau) en TransNamib se bestuur word vandag op die spits gedryf wanneer werkers sal besluit of met die beplande staking voortgegaan word.

- Terwyl die NBC planne beraam om die korporasie weer op die regte pad te kry, is ’n ondersoek van stapel gestuur om beweerde ongerymdhede met die uitbetaling van pensioengeld van personeellede nog steeds in diens

van die nasionale uitsaaier op die lappe te bring.

Dinsdag 29 April 2003

- Die droom om Werkersdag op 1 Mei vanjaar as platform vir nasionale versoening te gebruik, lê aan skerwe nadat die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) gister aangekondig het dat hy hom aan die verrigtinge

onttrek.

- Die polisie op Ondangwa het ’n dossier van brandstigting oopgemaak in verband met verlede week se verwoestende brand by die regeringskompleks op die dorp waarin skade van etlike miljoene dollars aangerig is.

- Die stof rondom die Ramatex-staking het gaan lê met die eerste groep werkers wat vandag weer terug in diens van die tekstielfabriek is.

Woensdag 30 Mei 2003

- ’n Vermeende inbreker is gisteroggend vroeg in die Kleine Kuppe-woonbuurt deur ’n inwoner doodgeskiet en een van die oorledene se makkers is aangehou totdat die polisie opgedaag het om hom in hegtenis te neem.

- Staatskole in Namibië sluit vandag vir die wintervakansie in ’n stadium waar die moraal onder die land se duisende onderwysers ’n ongekende laagtepunt bereik het.

- Die indruk wat bestaan dat Transformasie Namibië die inisiatief van wit Afrikaners is of net ’n Christen-geleentheid is, is van alle waarheid ontneem.

Donderdag 1 Mei 2003

- Publieke vakansiedag

Vrydag 2 Mei 2003

- Personeel van Namibia Wildlife Resorts is Woensdag ernstig deur pres.Sam Nujoma berispe vir wat hy as “arrogante gedrag” teenoor buitelandse toeriste bestempel het.

- Die twispunt tussen die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasioanale Raad (NR) oor die verkorting van die termyn van die NR en streekrade hou die risiko in dat die verkiesing van streekraadslede teen die einde van die

jaar deur die mat kan val.

- Die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) se onpartydigheid word skerp in twyfel getrek deur die DTA van Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!