No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Dinsdag 6 Mei 2003

- Namibiërs moet hulself ter nagedagtenis aan die gesneuweldes van Cassingadag toewy aan harde werk sodat die land kan floreer en die lewenstandaard van die mense kan verbeter, het President Sam Nujoma die afgelope naweek gesê.

- ’n Vaste grootmaat-waterprys vir die ganse Namibië kom. NamWater se voorstelle oor hoeveel dit moet wees, moet vanjaar in Augustus op Kabinetsvlak ingedien word.

- Wat vir vyf jongmense van Windhoek ’n heerlike uitgerekte naweek op die kampeerterrein van Langstrand sou wees, het Vrydagmiddag in ’n treurspel oorgegaan toe twee van hulle in die see verdrink het.

Woensdag 7 Mei 2003

- Swabou en die Eerste Nasionale Bank van Namibië spring vanoggend oor die laaste hekkie om die grootste finansiële diensgroep in Namibiese heugenis te vorm wanneer aandeelhouers van die bank tydens ’n algemene samesmelting stem.

- Te veel invloede van buite in die binnelandse politieke probleme van Zimbabwe kan daartoe lei dat meer spanning op die grond geskep word.

- Die Hoërhof het gister beslis dat die staat wel inligting in verband met die Caprivi-afstigting aan die verdediging moet beskikbaar stel.

Donderdag 8 Mei 2003

- Ondersoeke op hoë vlak het gister in Caprivi begin oor die moontlike afkondiging van ’n noodtoestand in veral die oostelike dele van die streek ná hewige oorstromings toe die Zambezirivier vir die eerste keer in dekades sy walle begin oorstroom het.

- Die nuutaangestelde Permanente Sekretaris van Finansies, mnr. Calle Schlettwein, se vuurdoop as voorsitter van die Tenderraad wag volgende week wanneer ’n besluit oor die tender vir die administrasie van die staat se mediese fonds (PSEMAS) gemaak moet word.

Vrydag 9 Mei 2003

- President Sam Nujoma het gister ’n kabinetskommeling met drie sleutelskuiwe van ministriële poste aangekondig.

- Die Nasionale Vakbond vir Namibiese Werkers (NUNW) het gister ’n beroep op die Kabinet gedoen om in te gryp en die samesmelting tussen die Eerste Nasionale Bank van Namibië (FNB Namibia) en Swabou te keer.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!