20 jaar gelede
Maandag 12 Mei 2003
- Die volle regeringsdiens insluitende die Namibiese Weermag is die afgelope naweek gemobiliseer om ’n ramp in die Caprivi af te weer waar sowat 10 000 mense dringend uit vloedvlaktes van die Zambezi-rivier ontruim moet word.
- Persone wat onlangs gedaag is om groot bedrae geld aan die Maatskaplike Voorsorgkommissie terug te betaal, is van mening dat hulle onregverdig beswadder word en dat daar nie regsgronde is wat hulle aanspreeklik maak om sulke eise te betaal nie.
Dinsdag 13 Mei 2003
- Namibië se eie Weesfonds is geskep. Die Kabinet het gister dié goeie nuus vir die duisende weeskinders in die land aangekondig, maar vir die belastingbetalers van die land beteken dit dat hul gordels nog stywer getrek gaan word.
- ’n Groep buitelandse toeriste wat met ’n staatsvoertuig in die Etosha Nasionale Park met vakansie was, het konsternasie en ernstige onsmaaklikhede in dié internasionale toerisme-oord veroorsaak.
- Die afdanking van drie lugwaardinne van Air Namibia ná beweerde wangedrag verlede jaar in ’n hotel in Frankfurt, Duitsland, het gister ’n nadraai in die arbeidshof in Windhoek gehad.
Woensdag 14 Mei 2003
- Een kredietkaart wat verlore of gesteel geraak het, word as die enigste laagtepunt uitgesonder op die merkwaardige reis van drie Russiese motorfietsryers wat op 13 Maart uit Moskou vertrek en Vrydag in Windhoek aangekom het.
- Die Nasionale Raad (NR) gaan vandag die Wetsontwerp op die Grondwetlike Wysiging van die termyn van NR-lede en van die voorsitters van streekrade en bestuurskomitees van die rade na die Raad se vaste komitee vir Grondwetlike en Regsaangeleenthede verwys.
Donderdag 15 Mei 2003
- Die herontwaking van die pelserbedryf van Namibië kan selfs veel groter wees as die 20 000 ton sardyn wat deur die Kabinet as die totale toelaatbare vangs vir 2003 aan die nywerheid toegeken is.
- Namibië se Kudu-gasveld was opnuut die middelpunt van belangstelling toe die Namibiese nasionale olie-maatskappy, Namcor, ’n samewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse petroleum-, olie- en gaskorporasie, PetroSA, gesluit het.
Vrydag 16 Mei 2003
- Staatshospitale in Windhoek is gerat om te verseker dat hoogs aktiewe antiretrovirale terapie (HAART) vanaf aanstaande maand reeds aan slagoffers van MIV/vigs beskikbaar sal wees.
- ’n Fel rasse-aanslag op blankes in die Omahekestreek het ’n kortstondige vrede tussen kommersiële boere en die Swapo-leierskap in die streek tot ’n einde gebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie