No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 19 Mei 2003

- Noodlenigingsaktiwiteite het die naweek momentum gekry met 60 ton noodvoedsel wat Saterdag per pad en nog twee ton wat gister per lug na die rampgebied in die Caprivistreek vervoer is.

- Die Ministerie van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie doen ’n beroep op kommersiële boere wat hul plase wil verkoop om met aanbiedinge na die Regering te kom.

- Eerste Nasionale Bank Namibia (FNB) het verlede jaar begin om staanplekke langs die hoofpad tussen Okahandja en Windhoek op te knap en is steeds besig om dié plekke meer reisigersvriendelik te maak.

Dinsdag 20 Mei 2003

- Namibië se vermoë om gevorderde verdedigingstoerusting te vervaardig het ’n nuwe era betree ná die staatsmaatskappy, August 26 Holdings, die hoofaandeel in ’n plaaslike kommunikasiemaatskappy, SatCom, verkry het.

- Verwarring ten opsigte van die klassifikasie van posstukke en die aard van posdienste het weens vertragings in afleweringstye veroorsaak dat verskeie klagtes van swak diens voor die deur van Nampost gelê is.

Woensdag 21 Mei 2003

- Die ernstige oorstromings in die Caprivistreek dreig om nie alleen die skoolprogram vir groot getalle kinders te ontwrig nie, maar ook die opkomende registrasieproses vir verkiesings wat oor net meer as ’n maand moet begin.

Donderdag 22 Mei 2003

- Die stadsraad het die beskuldiging van ongevoeligheid teen sy amptenare oor die uitsetting van vier pensioentrekkers en hul 25 gesinslede uit die Petersen-woonstelle in Khomasdal as gestroop van enige grondige rede afgemaak.

- Ná maande van hewige debatvoering en herhaalde uitstellings gaan die Munisipale Polisiemag van Windhoek volgens die jongste aankondigings tussen Augustus en September vanjaar op die been en funksioneel wees.

- Die Namibiese Rooi Kruis is slaggereed om nie-voedsel items aan die slagoffers van die vloedgeteisterde gebied in Caprivi te voorsien.

Vrydag 23 Mei 2003

- Windhoek se inwoners moet 10% minder water gebruik en klaar!

- Dreigemente van die dood, van toordery en eise vir doodsvergoeding in die vorm van kontant en beeste het die tragiese dood vyf dae gelede van ’n driejarige seuntjie van Swakopmund begin oorskadu en laat ’n familie wat oraloor Namibië versprei is nou in vrees lewe.

- Verbruikers van munisipale dienste insluitend die Regering, is in totaal ’n bedrag van N$160,4 miljoen aan die munisipaliteit van Windhoek verskuldig.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!