No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Dinsdag 27 Mei 2003

- Veediefstal op plase van kommersiële boere het aan die begin van die naweek die soeklig op die troebel rasseverhoudings in die Omahekestreek geplaas.

- Sedert die Caprivistreek vier weke gelede deur vloedwater getref is, het geen Namibiër nog sy lewe weens dié natuurramp verloor nie, terwyl nog vier nedersettings in dié streek verlede week deur die Noodbestuurseenheid geïdentifiseer is om hulp van die Regering te ontvang.

- Ná afloop van die langnaweek is net een noodlottige motorongeluk gistermiddag deur die Namibiese Polisie gerapporteer.

- Werkgewers in Namibië het nog ’n week grasie vir die verpligte indiening van hulle jaarlikse loonopgawes by die Maatskaplike Voorsorgkommisie gekry.

Woensdag 28 Mei 2003

- ’n Voormalige werknemer van die Hoërskool Centaurus is die hoofverdagte in die dood van ’n onbekende vrou wie se liggaam verlede Vrydag in ’n verlate pakkamer op dié skool se perseel ontdek is.

- Water- en elektrisiteitstariewe in Windhoek gaan met 14 persent verhoog word.

- ’n Afvaardiging van nie meer as tien verteenwoordigers van die Angolese vlugtelinggemeenskap in Namibië sal vroeg in Junie na Angola vertrek om hom van die omstandighede in die land te vergewis.

- ’n Pasgebore babaseuntjie wat in ’n kombers toegedraai was, is Maandag in die bosse naby die Sekondêre Skool Dawid Bezuidenhout opgetel.

Vrydag 30 Mei 2003

- Die NBC se herstruktureringsproses was op ’n verkeerde wyse benader en geïmplementeer en die gevolge daarvan gaan nog ’n nagmerrie word wat by die nasionale uitsaaier sal spook.

- ’n Finale besluit oor die toekoms van die 416 Ramatex-werkers, wat onlangs weens hul betrokkenheid by ’n onwettige staking by die tekstielaanleg geskors is, word vandag geneem.

- Die see het gewen. Die voorste helfte van Swakopmund se ou ysterkaai gaan van die res van die struktuur geskei en gelaat word om te vergaan.

- Die toename in nuwe kerke is nie net ’n probleem in Namibië wat reeds daartoe gelei het dat die stadsraad van Windhoek ’n moratorium tot 2004 op die oprigting van nuwe kerkgeboue in die hoofstad het nie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!