20 jaar gelede
Maandag 2 Junie 2003
- Swakopmund is vinnig besig om een van die duurste plekke in Namibië te word, is oor die vloer beweer voordat die stadsraad in ’n ongewone stap ’n voorgestelde verhoging van tien persent in eiendomsbelasting in die begroting geweier het.
- Die 43-jarige man wat sedert verlede Dinsdag in aanhouding is vir die moord op ’n prostituut wie se ontbinde liggaam in ’n stoorkamer by die Hoërskool Centaurus ontdek is, het Vrydag ’n blitsverskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak.
Dinsdag 3 Junie 2003
- Hoë rentekoerse, een van die grootste sondaars verantwoordelik vir die swak vertoning van die Namibiese ekonomie, sal later vandeesmaand aangespreek word as die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Bank of Namibia na verwagting die repokoers met tot twee persent verlaag.
- Die Verenigde Nasies se Wêreld Voedselprogram (WFP) het tot die stryd om oorlewing van die vloedgeteisterde slagoffers in Caprivi toegetree.
- Die Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangerai, is gisteroggend in hegtenis geneem terwyl Harare die toneel was van aanrandings op betogers en die afvuur van traangas en waarskuwingskote op skares mense.
Woensdag 4 Junie 2003
- NamPower het gister die eerste onderneming geword om sy tenderdokumente vir die bedryf van die tweede sellulêre telefoonnetwerk in Namibië by die kantore van die Namibiese Kommunikasiekommissie af te haal.
- Hulpbehoewende inwoners van die Caprivi-vloedrampgebied is nou onverwags die slagoffers van Zimbabwiese politieke onstabiliteit.
- Op die vooraand van hul vertrek na Harare om daar met hul opleiding te begin, moes bykans eenhonderd Namibiese onderwysstudente hoor dat dié land se Hoë Kommissaris ontken dat die huidige toestand in Zimbabwe ’n bedreiging vir besoekers inhou.
Donderdag 5 Junie 2003
- Swakopmund se marina-ontwikkeling van meer as N$280 miljoen is gister op ’n vaste koers geplaas nadat die regering op die hoogste vlak ingegryp het in die voortslepende geskil tussen die stadsvaders van Namibië se vakansie-mekka en die ontwikkelaars van dié reuseprojek.
- Mej. Namibië 2002, Ndapewa Alfons, is gister in die vroeë oggendure aangewys as een van die tien beste deelnemers aan die Mej. Heelal-kompetisie wat in Panama plaasgevind het.
Vrydag 6 Junie 2003
- Die wetsontwerp om die termyn van lede van streekrade en die Nasionale Raad te verkort, het Woensdag met ’n gesamentlike Swapo-koukusvergadering van partylede in albei huise van die Parlement in die slag gebly.
- ’n Waterskema van N$22 miljoen, waarvan die konstruksie ’n jaar geduur het, is gister op Lüderitz amptelik in gebruik geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie