No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 9 Junie 2003

- Die toekoms van die veelbesproke Swakopmund-waterdorp van N$280 miljoen is weer in die hande van die stadsraad ondanks regeringsingryping verlede week om te verseker dat dié projek van die grond afkom.

- Die sokkerspan van Tsjad het Vrydag onder chaotiese toestande in Windhoek aangekom vir sy uitdunwedstryd teen Namibië in die Afrika Nasiebeker.

- Inwoners van Windhoek is die naweek geruk toe twee tienerseuns naby die Hoërskool Cosmos verkrag is.

Dinsdag 10 Junie 2003

- ’n Twaalfjarige meisie van Windhoek het verlede week geboorte geskenk aan ’n fris en gesonde babadogtertjie, wat by geboorte meer as drie kilogram geweeg het.

- Die eerste groep Angolese vlugtelinge wat hulself in Namibië bevind, sal moontlik vroeg in Julie na hul vaderland terugkeer.

Woensdag 11 Junie 2003

- Die versuurde militêre bande tussen Namibië en Suid-Afrika weens Namibië se besluit vyf jaar gelede om in die DRK-oorlog betrokke te raak, is vandeesweek herstel en Suid-Afrika het begin om die opgeskorte wapen- en ammunisieskenking aan Namibië te hervat.

- ’n Man wat nie twee keer dink om ’n roofdier ’n klap te gee nie, gaan nou ’n beroepsbokser word.

- Uiteindelik is daar verligting vir finansieël uitgemergeldes in Namibië.

Donderdag 12 Junie 2003

- Die tweede-in-bevel van die Namibiese Polisie sal die sleutelfiguur wees in die geregtelike doodsondersoek voortspruitend uit die selfmoord van ’n minderjarige skoolmeisie van Windhoek.

- ’n Klopjag deur inspekteurs van Veeartsenydienste op slagkrale van Meatco in Windhoek het beesboere in die land briesend gelaat teenoor die owerhede.

- Streek- en munisipale verkiesings vir die einde van die jaar hang in die weegskaal.

Vrydag 13 Junie 2003

- Gemeenskapsdiens behoort as ’n saak van dringendheid as ’n straf oorweeg te word in plaas daarvan dat mense wat vir die eerste keer die wet oortree, in die tronk gestop word.

- Die besparing op Namibië se totale huisleningsboek van N$7 miljard sal die plaaslike ekonomie met sowat N$77 miljoen per jaar laat bult wanneer handelsbanke in die land volgende week ’n rentekoersverlaging van 1,25% aankondig.

- Ilindi Keet is sover bekend die eerste laerskoolmeisie in Windhoek, dalk selfs in Namibië, wat vir haar skool rugby speel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!