No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 16 Junie 2003

- Die selfmoord vroeër vandeesmaand van ’n Windhoekse skoolmeisie ná haar verhouding met ’n polisie-generaal is in verdere omstredenheid gedompel weens inskrywings in ’n begrafnisregister op Odibo naby Oshikango.

- ’n Drama van soorte het Vrydag net buite Kombat ontvou toe vier lede van die voorsitter van die Republikeinse Party, mnr. Henk Mudge, se gesin in ’n ernstige motorongeluk betrokke was en die dood vrygespring het.

- Konstruksiewerk aan ’n sylyn uit die hoofspoorlyn van Windhoek na Okahandja gaan teen die einde van die maand begin om treinvervoer na die houer-depot van TransNamib buite die hoofstad moontlik te maak.

Dinsdag 17 Junie 2003

- Ministers en parlementariërs op kommersiële boerderygrond het drie maande tyd om hul arbeidswanpraktyke te staak.

- Met vloedwaters in die Caprivistreek wat besig is om te daal, het inwoners van die oorstroomde oostelike dele nou te kampe met besmetlike vlieë, muskiete as die draers van dodelike siektes en ongesonde drinkwater.

- ’n Span plofstofdeskundiges van die Polisie het op Oshakati aangekom om ’n vermeende mynveld in die dorp te vee nadat ’n padskarper Saterdag ’n landmyn afgetrap het.

Woensdag 18 Junie 2003

- Die veelbesproke ondersoek na beweerde ongerymdhede by die Padowerheid (RA) is vir die soveelste keer in sy spore gestuit.

- Die optrede van ’n lid van die Namibiese Polisie by ’n fuifpartytjie die naweek in Katutura het weer skande gebring oor die manne en vroue in die blou uniform.

- Watertariewe in Namibië gaan terugwerkend vanaf 1 April met twaalf persent verhoog word.

- Die lot van sowat 170 geskorste Ramatex-werknemers sal na verwagting voor die einde van die maand bepaal word.

Donderdag 19 Junie 2003

- Generaal-majoor Fritz Nghiishililwa, die tweede-in-bevel van die Namibiese Polisie, het gister sy stilswye oor die dood van ’n 17-jarige Augustineum-leerling verbreek en homself dieper in omstredenheid gedompel.

- Die Direktoraat Burgerlugvaart het gisteraand met ’n volskaalse ondersoek begin om die besonderhede van ’n gesteelde Boeing 727 in Amerika na te spoor as voorsorgmaatreël toe dit bekend geword het dat dié vliegtuig moontlik terreur vir Afrika kan inhou.

Vrydag 20 Junie 2003

- Die afwesigheid van radar, gebrekkige toerusting en ’n personeeltekort was verantwoordelik vir die byna noodlottige botsing tussen ’n Boeing 737-200 en ’n Cessna 404 op 26 Desember verlede jaar oos van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.

- Skole in die land is bekommerd dat die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur besig is om sy geldkrane nog stywer toe te draai.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!