20 jaar gelede
Maandag 23 Junie 2003
- Die taakmag van die Namibiese polisie is gistermiddag in die westelike deel van die Oos-Caprivi ontplooi weens dreigende geweldpleging deur ’n groep militante inwoners wat die bestuur en personeel van ’n bekende lodge letterlik gyselaar hou.
- Die stof rondom die selfmoord van ’n 17-jarige graad 10-leerling van Windhoek weens haar liefdesverhouding met ’n hoë polisie-offisier het nog steeds nie gaan lê nie.
- Die traagheid van die regering om vlugtelingstatus aan ’n groep vlugtelinge van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) toe te ken, het Vrydag met vieringe van Wêreld Vlugtelingdag op Osire ’n demper op die opwinding van die dag geplaas.
Dinsdag 24 Junie 2003
- Die polisie in Caprivi moes gister aan twee fronte veg om wet en orde in die streek te handhaaf nadat nog ’n protesaksie in geweld oorgeslaan het.
- Namibië staan voor ’n groot ekonomiese uitdaging ten opsigte van alternatiewe inkomsteskepping as gevolg van ’n verlies van sowat N$550 miljoen uit die poel van die Suider Afrikaanse Doeane-unie (SACU).
- ’n Storm broei op Okahandja waar een van die bekendste inwoners van dié tuindorp die plaaslike kettingwinkel U-Save/Shoprite en die munisipale owerheid die stryd aangesê het.
Woensdag 25 Junie 2003
- Die instelling van minimum lone vir die landbousektor is besig om sy tol te eis onder plaaswerkers en verdere maatreëls deur die regering ten opsigte van verskanste verblyfreg vir plaaswerkers wat ’n boer se diens verlaat, kan dié krisis verder laat verdiep.
- Die eerste vyf vermeende Caprivi-afstigters se siviele eise teen die ministeries van binnelandse sake en verdediging weens beweerde menseregteskendings sal op 8 Julie aangehoor word.
Donderdag 26 Junie 2003
- Tienduisende staatsamptenare wag met die sperdatum vir vanjaar se belastingopgawes om die draai, steeds op hul belastingstate vir die vorige boekjaar.
- Een van die omvangrykste repatriasie-veldtogte ooit in Afrika met die terugkeer van bykans ’n halfmiljoen Angolese na hul geboorteland is besig om in swang te kom en die eerste groep van 150 vlugtelinge uit Namibië sal volgende Woensdag in hul vaderland aankom.
Vrydag 27 Junie 2003
- Vier toeriste van Duitsland word in die noordweste van Namibië vermis.
- ’n Volskaalse ondersoek is geloods nadat ’n ligte vliegtuig na bewering byna deur die Namibiese weermag (NDF) by die Osona-basis buite Okahandja uit die lug geskiet is.
- Namibië is besorg oor die toestand in Zimbabwe en beskou dit in ’n baie ernstige lig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie