No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 30 Junie 2003

- Inspekteurs van die Cessna-vliegtuigvervaardiger in Amerika kom vandag in Windhoek aan vir die deurtastende ondersoek wat Donderdag geloods is om die raaisel van die vliegramp op die gasteplaas Rooisand aan die voet van die Gamsberg te probeer ontrafel.

- ’n Reeks flaters deur die regering op die pad na verkiesings vir streekrade en plaaslike owerhede het daartoe gelei dat die Congress of Democrats (CoD) nou met ’n dringende aansoek in die hooggeregshof ’n stokkie daarvoor wil steek.

- International SOS in Namibië sal voortgaan met sy ambulansvlugte en steeds die beste moontlike diens lewer om menselewens te red.

Dinsdag 1 Julie 2003

- Die masjinerie by die verkiesings-direktoraat het gister vasgesteek met die aankondiging dat die algemene registrasieproses wat vandag moes afskop vir ’n tweede keer binne die bestek van ’n jaar uitgestel moet word.

- Voorgestelde wysigings aan die kieswet is verlede week deur al die partye in die Nasionale Vergadering (NV) ondersteun, ondanks enkele punte van kritiek.

- Rowers het Saterdag op ’n plaas in die Omahekestreek toegeslaan en ’n bejaarde vrou van haar besittings besteel.

Woensdag 2 Julie 2003

- Drie sakeplanne gaan binne die volgende twee weke opgestel en geëvalueer word as ’n saak van dringendheid om die toekoms van Air Namibia vir eens en vir altyd te bepaal.

- Met die aanvaarding van die wysigingswet op die kieswet gister deur die NV en ’n dringende sitting van die Nasionale Raad (NR) teen Maandag kan die algemene registrasie van kiesers reeds volgende week begin.

Donderdag 3 Julie 2003

- Met die vinnige daling van die vlak van die Zambezirivier, is die krisis rondom die vloedgebied in Caprivi vir eers oorkom, maar miljoene dollars moet nog bestee word om die slagoffers by te staan.

- ’n Aankondiging oor die voortbestaan van Rössing Uraan, die wêreld se grootste oopgroefmyn by Arandis in die Namib, tot die jaar 2020 kan teen die middel van November vanjaar verwag word.

Vrydag 4 Julie 2003

- Verwagting van erger droogte sal meebring dat die regering aansienlik meer geld beskikbaar moet stel as die N$140 miljoen wat die afgelope agt maande vir 345 000 behoeftiges gebruik is.

- Stübel- en Bülow-strate in die Windhoekse middestad is onderskeidelik na Werner List- en dr. Frans Aupa Indongo-straat hernoem.

- Passasiers op internasionale vlugte van Air Namibia kan van hierdie week af in die lug reeds besluit by watter besienswaardige plekke in Windhoek hulle wil aandoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!