20 jaar gelede
Maandag 7 Julie 2003
- Ná weke van afwagting oor die nuwe rigting van grondhervorming in Namibië en die moontlike onteiening van kommersiële landbougrond deur die staat, is die vaste tegniese komitee vir grondhervorming aangewys.
- Die tweede algemene registrasieproses skop Woensdag af nadat dié proses wat op 1 Julie moes begin tydelik opgeskort is sodat die wetlike meganismes rondom registrasie eers afgehandel word.
- Goeie nuus vir belastingbetalers is dat die nasionale raad sonder enige debatvoering die Wysigingswetsontwerp op belasting verlede week eenparig aanvaar het.
Dinsdag 8 Julie 2003
- Waarskuwings dat die NBC se herstruktureringsproses in ’n nagmerrie kan verander, is nou bewaarheid met die nasionale uitsaaier wat sy knie moes buig en ’n vrywillige uitdienstredingspakket aan die voormalige hoofbestuurder: nuus en aktuele sake, me. Penny Uukunde, moes betaal.
- Die drama rondom die Pick ’n Pay kettingwinkel-reus in Suid-Afrika wat die slagoffer geword het van ’n verbruikersterroris wat voedselprodukte met sianied vergiftig, het nog nie na Namibië oorgespoel nie en geen vrese bestaan op die oomblik dat enige noodmaatreëls plaaslik ingestel sal moet word teen dié vorm van terreur nie.
Woensdag 9 Julie 2003
- ’n Finale ooreenkoms oor finansiële en ander hulp deur die Duitse regering aan Namibië vir die volgende twee jaar word vandag in Bonn onderteken waar regeringsafvaardigings van dié twee lande sedert Maandag besig is om ’n nuwe samewerkingsooreenkoms uit te kap.
- Die kabinet het opdrag gegee dat die handelstak van die polisie ondersoek instel na die bedrywighede en bestuur van die maatskaplike voorsorgkommissie (MVK) met die oog daarop om kriminele aanklagte teen van die amptenare in te stel.
- Namibië se Ombudsman, adv. Bience Gawanas, kan moontlik vandag as een van die tien kommissarisse van die Afrika Unie (AU) in Maputo, Mosambiek verkies word.
Donderdag 10 Julie 2003
- Die snerpende koue en geen beskutting teen die element nie, was gister ’n groep bejaardes op Groot Aub se groot vyand terwyl hulle op hul maandelikse pensioen moes wag.
- Spanning tussen die Namibiese regering en die Stadsraad van Windhoek oor die sentrale owerheid se versuim om sy aansienlike agterstallige munisipale rekeninge te vereffen, het gisteroggend tot samesprekings op hoë vlak in die hoofstad gelei.
Vrydag 11 Julie 2003
- Die implementering van ’n nuwe brandstofinvoer-pariteitstelsel vir lidlande van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU), het gister vrugte afgewerp vir Namibië met ’n aankondiging dat alle brandstofpryse op 16 Julie met tien sent verlaag sal word.
- Duitsland het gister in Bonn sy status as Namibië se grootste skenkerland verstewig met ’n nuwe ontwikkelingsooreenkoms waarmee byna N$200 miljoen oor die volgende twee jaar aan sy voormalige kolonie aan die suidwestelike punt van Afrika beskikbaar gestel gaan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie