No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 14 Julie 2003

- ’n Senior bestuurder en drie assistente is summier geskors midde ’n interne ondersoek na ’n beweerde bedrogspul van meer as N$5 miljoen by die Namibiese Lughawe-owerheid (NAC).

- ”Ek gaan die noodlot nie verder tart nie,” het die minister van finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, Vrydag gesê nadat sy uit ’n vliegtuig geklim het wat ’n noodlanding op ’n plaasaanloopbaan moes uitvoer.

- Namibië se ombudsman, adv. Bience Gawanas, volg met haar verkiesing as een van die kommissarisse van die Afrika Unie, in die voetspore van twee ander Namibiërs wat ’n rol op die internasionale politieke verhoë gespeel het.

Dinsdag 15 Julie 2003

- Die Namibiese regering gaan ’n deurtastende ondersoek van stapel stuur om die stortvloed van korrupsie en diefstal by semistaatsintellings te probeer stuit.

- Die buurmanstryd op Okahandja tussen ’n bekende sakeman en ’n bekende kleinhandelaar oor beweerde rusverstoring en besoedeling woed voort en aantygings het nou na die oppervlak gekom oor moontlike motiewe agter die oor-en-weer geklaery.

- ’n Rojale bykomende verdienste uit kommissie op die kopiëring van uitsaaimateriaal aan twee werkgewers van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) is daarmee heen ná ’n interne oudit by die nasionale uitsaaier uitgevoer was.

Woensdag 16 Julie 2003

- NamWater het ’n kontrak van meer as N$3 miljoen aan ’n Suid-Afrikaanse maatskappy toegeken om te verseker dat Windhoek oor genoegsame water tot die 2004-’05-reënseisoen sal beskik indien groot damme geen invloei teen volgende jaar ontvang nie.

- Die Namibiese Landbou-unie (NLU) het finaal sy volle steun toegesê aan die regering se grondhervormingsproses, maar ook gewaarsku dat dié proses tot mislukking gedoem sal wees indien wet en orde, politieke bestendigheid en die onafhanklikheid van die regbank nie gehandhaaf word nie.

Donderdag 17 Julie 2003

- Namibië is gister vir die tweede keer in minder as ’n week geskud met die nuus dat nog ’n ondersoek geloods is na ’n staatsinstelling toe die algemen bestuurder van finansies van die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) geskors is.

- Namibië het nie internasionale indekse nodig om die vlakke van sy korrupsie uit te spel nie.

- Nagenoeg 120 000 Namibiërs het in die eerste week as kiesers geregistreer.

Vrydag 18 Julie 2003

- Die regering se voorgenome instelling van uitvoerheffings op lewende hawe vanaf 1 Oktober het gister vuur getrek uit ’n onverwagse oord.

- Die gewese bestuurder van finansies van die NAC het van 7 Maart tot 25 April vanjaar ’n bedrag gelykstaande aan sy maandelikse salaris van N$4 644 per dag verduister.

- Drie senior amptenare van die dorpsraad van Katima Mulilo is summier geskors en ’n ondersoek na die finansies van dié instelling is geloods.

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!