No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 21 Julie 2003

- Air Namibia, eens die swartskaap van semistaatsinstellings, het in die afgelope finansiële jaar midde ’n wêreldwye krisis in die lugvaartbedryf indrukwekkende resultate behaal.

- Nog ’n mylpaal is die naweek deur Ongopolo Mining and Processing behaal met die eerste besending hoë gehalte koperkonsentraat uit Chili wat gister by die smelter op Tsumeb geprosesseer is.

- Die implementering van ’n oorgrens wildreservaat tussen Namibië, Zambië, Angola, Botswanna en Zimbabwe wat tot die sosio-ekonomiese voordeel van al dié lande sal strek, sal van môre af deur ministers uit die streek in Katima Mulilo bespreek word.

Dinsdag 22 Julie 2003

- ’n Krisis dreig in die noordelike streke van die land waar groot getalle Owambo-sprekende beesboere tussen die Ohangwena- en Kavangostreke vasgekeer staan met nagenoeg 50 000 stuks vee nadat hulle deur die tradisionale gesag van die Rukwangali verjaag is.

- N$13 miljoen in agterstallige belasting op toegevoegde waarde (BTW) en ’n onbekende bedrag inkomstebelasting is maar enkele van die brandpunte in die boedelondersoek van ’n Keetmanshoopse boekhouer wat verlede maand selfmoord gepleeg het.

Woensdag 23 Julie 2003

- Die dispuut oor grond- en weidingsregte in die Kavangostreek het in ’n politieke tameletjie vir Swapo en die regering ontaard omdat die openbare fokus nou verskuif is van die kommersiële landbougebiede na die kommunale gebiede waar Swapo se magsbasis gesetel is.

- ’n Reuse-kontingent politieke ampsdraers kos Namibië se staatskas nou bykans N$60 miljoen per jaar ná die agt persent salaris-verhoging vir staatsamptenare wat op 1 April in werking getree het.

Donderdag 24 Julie 2003

- Die beweerde ongrondwetlikheid van ’n waarnemende aanklaer-generaal het gister vir die tweede keer in dae onder skoot gekom en kan veroorsaak dat kriminele vervolgings tot stilstand ruk totdat ’n permanente aanstelling gemaak word.

- Namibië het vanjaar twee plekke teruggeval op die menslike ontwikkelingsindeks (HDI) wat soveel meer stukrag gee aan die regering se pogings om as een van die armste lande in die wêreld met die hoogste skuld (HIPC) geklassifiseer te word.

Vrydag 25 Julie 2003

- Die rus en vrede van Windhoek se hoofstraat is gisteroggend erg ontwrig deur ’n betoging van ontevrede staatswerkers wat uiteindelik ’n bekende vakbondleier agter tralies laat beland het.

- Die regering is nié bereid om onmiddellik sy oorsigtelike magte aan ’n totaal onafhanklike kommunikasie-owerheid af te staan nie en hou vol dat hy weens die omvang van staatsfinansiering die reg het om die nasionale uitsaaier se mandaat te bepaal.

Kommentaar

Republikein 2025-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!