20 jaar gelede
Maandag 28 Julie 2003
- Die fronte van Usakos bly teen mekaar opgestel op die vooraand van die toetrede van die munisipaliteite van Walvisbaai en Swakopmund tot die stryd.
- Geen onwettige omheinings op kommunale grond is ooit deur die minister van buitelandse sake, Hidipo Hamutenya of die adjunk-minister van gevangenis en korrektiewe dienste, Jeremia Nambinga opgerig nie.
- Die sekretaris-generaal van die vakbond vir plaaswerkers is Donderdag daarvan aangekla dat hy die gereg gedwarsboom het deur polisiebeamptes te verhinder om hul werk te doen.
Dinsdag 29 Julie 2003
- Namibië se herberg vir buitelandse vlugtelinge, Osire, is gister in chaos gedompel met tonele van ’n slagveld in die kleine toe gewapende lede van die polisie op vlugtelingleiers toegeslaan het.
- Verskeie senior politici het gister ontstoke gereageer toe hulle vir reaksie op ’n tweede lys van mense wat na bewering onwettig grond in kommunale gebiede omhein het, genader is.
- Trane het gister gevloei by familielede van beide die vermeende oortreder en slagoffer in ’n wreedaardige moordsaak meer as ’n jaar gelede op die gronde van Centaurus Hoërskool in Windhoek.
Woensdag 30 Julie 2003
- Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat ’n presidensiële kommissie van ondersoek binnekort ’n fynkam deur semistaatsinstellings gaan trek om ’n stortvloed van korrupsie en diefstal te probeer stuit.
- Minstens 24 inwoners van die Osire-vlugtelingkamp verskyn vanoggend in die landdroshof op Otjiwarongo ná twee dae van oproerigheid en spanning wat tot ingryping deur die Namibiese polisie gelei het.
- Die moontlikheid van politieke intimidasie as motief agter die opsluiting van die sekretaris-generaal van die vakbond vir plaaswerkers (NAFWU) verlede week tydens ’n protesoptog in Windhoek het gister op die voorgrond beland.
Donderdag 31 Julie 2003
- Die summiere bedanking van Jerry Ekandjo uit sy pos as minister van binnelandse sake is een van die hoofeise van die vakbond vir plaaswerkers (NAFWU).
- Meer as 2,9 miljoen hektaar kommersiële grond is die afgelope tien jaar met behulp van regstellende aksie lenings gekoop.
- Dreigende wanvoeding in die Osire-vlugtelingkamp kan vandag verhoed word indien die Akkerbouraad van Namibië sou besluit om die Wêreld Voedselprogram toe te laat om witmielies uit Suid-Afrika in te voer.
Vrydag 1 Augustus 2003
- Vir die eerste keer in die 83-jarige bestaan van Namibië Brouerye gaan die uitvoerende bestuursleisels aan ’n buitestander van die List-familie oorhandig word.
- Vals aansprake is blootgelê oor grootskaalse veevrektes in die suidelike kommunale gebiede om meer droogtehulp en voedselskenkings van die staat te bekom.
- ’n Nuwe tydvak vir handel in gas en oorgrenstoerisme in suidelike-Afrika word vandag met die besoek van president Thabo Mbeki en ’n hoëvlak Suid-Afrikaanse regeringsafvaardiging aan Namibië ingelui.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie