20 jaar gelede
Maandag 4 Augustus 2003
- President Sam Nujoma het ná maande van bespiegeling oor beweerde korrupsie en wanbesteding van miljoene dollar by die Padowerheid (RA) en die Padfonds (RFA) uiteindelik ’n presidensiële kommissie van ondersoek na die bedrywighede, werksaamhede en bestuur van dié instellings geloods.
- Die wêreld en veral internasionale menseregte-bewegings se oë is die afgelope naweek op Namibië gevestig nadat Osire-vlugtelinge wat as verhoorafwagtendes op Otjiwarongo aangehou word, met ’n eet-staking begin het.
Dinsdag 5 Augustus 2003
- Die Caprivi-hoogverraadsaak is gister in die internasionale arena teruggedwing met ’n striemende aanval deur Amnesty International op die manier waarop dié kwessie hanteer word.
- Namibië se sentrale kusdorpe, Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai, stuur al hoe vinniger op ’n waterkatastrofe af namate die dolle ontwikkelingstempo volgehou word.
- Paramedici van die Erongostreek was laat Sondagmiddag steeds besig om pasiënte in die Namib-Naukluftpark te gaan haal met Saterdag, 2 Augustus wat as ’n dag van bloed in die streek opgeteken staan.
Woensdag 6 Augustus 2003
- Windhoekers is besig om in opstand te kom oor hul jongste munisipale rekeninge terwyl die stadsvaders poog om met rookskerms en fyn syferspeletjies die waarheid agter reusagtige tariefaanpassings te verdoesel.
- Die visekanselier van die Universiteit van Namibië het gistermiddag rakelings oproerige lede van ’n onwettige vergadering ontglip wat aangedring het dat hy hulle onmiddellik te woord staan.
- Die polisie ondersoek ’n saak van saakbeskadiging teen die president van die Namibiese vakbond vir plaaswerkers (Nafwu), mnr. Asser Hendricks en ’n familielid, midde beskuldigings deur die landbouwerkgewersvereniging van die NLU dat mnr. Hendricks sy amp en posisie in die vakbond misbruik.
Donderdag 7 Augustus 2003
- ’n Babelse verwarring heers in Windhoek oor die hoofstad se nuwe munisipale heffings en belastings.
- Die Akkerbouraad se besluit om die Wêreld Voedselprogram toe te laat om ondanks die seisoenale verbod op invoere, wit mielies uit Suid-Afrika in te voer, het Namib Meulens genoop om enige verdere aankoop van plaaslike wit mielies tydelik op te skort.
- Die ministerie van werke het toegegee dat die vervreemding van nagenoeg 50 eiendomme wat aan die nuwe Staatshuis in Auasblick grens wel die geskatte N$300 miljoen-begroting vir dié projek na selfs ’n hoër bedrag kan opstoot.
Vrydag 8 Augustus 2003
- ’n Diens wat die afgelope 40 jaar ter herdenking van die koloniale oorloë in Namibië by die Waterberg gehou word, is deur ’n presidensiële opdrag vir die komende naweek verbied.
- Die voortslepende stryd tussen die Namibiese vakbond vir staatswerkers (Napwu) en die minister van binnelandse sake, mnr Jerry Ekandjo, sal op 29 Augustus in die arbeidshof op die spits gedryf word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie