20 jaar gelede
Maandag 11 Augustus 2003
- Namibië sal waarskynlik eersdaags twee ten volle toegeruste bataljonne van nagenoeg 1 600 soldate na Liberië stuur as deel van die Verenigde Nasies se vredesmag in die land.
- ’n 90-jarige inwoner van die Katutura Ouetehuis, Johannes Kambonde, is Vrydag ween verkragting tot ’n jaar tronkstraf in die Katutura-streekshof gevonnis.
- ’n Eetstaking van tien dae deur altesaam 21 vlugtelinge van Osire wat op Otjiwarongo aangehou is in verband met verlede maand se protesaksie in die vlugtelingkamp, is Vrydag beëindig toe die groep op borgtop vrygelaat is.
Dinsdag 12 Augustus 2003
- Kort voor ’n deurtastende ondersoek op die hoogste vlak oor sy persoonlike lewe en ernstige aantygings teen hom sou begin, het die adjunk-inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, genl.-majoor Fritz Nghiishililwa, besluit om te bedank.
- Die laagste rentekoerse in 18 maande is in die visier van die Namibiese verbruiker en ’n amptelike verlaging van die plaaslike prima-uitleenkoers na 15,50% kan so vroeg as volgende week verwag word.
Woensdag 13 Augustus 2003
- Chaos met passasiersvolume op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gaan binne dae op die hoogste vlak aangespreek word op ’n vergadering van al die rolspelers en die regering.
- Die skielike koue wat die grootste dele van die land sedert Maandag getref en Namibiërs die verwarmers uit die kas laat haal het, is voorlopig hier om te bly.
- Die voortslepende twispunt rondom die ontwikkeling van die warmwaterbronne op Warmbad is opgelos ná ’n dreigement deur die regering om die grond te onteien.
Donderdag 14 Augustus 2003
- Namibië is blykbaar die bestemde aftree- en toevlugsoord van die Zimbabwiese staatshoof, mnr. Robert Mugabe.
- Lidlande van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het ’n deurbraak-besluit geneem om ’n einde aan staatsgrepe te bring en sodoende bestendigheid en vrede in die streek te verseker.
- Gideon (Deon) Scheepers Hamman, die Suid-Afrikaanse toergids wat oor die naweek spoorloos verdwyn het en oor wie Republikein eergister berig het, is ongedeerd opgespoor.
Vrydag 15 Augustus 2003
- Die Bank of Namibië het gister die plaaslike ekonomie ’n welkome hupstoot gegee deur vir die tweede keer in twee maande ’n verlaging in die repokoers af te kondig.
- ’n Vasgekeerde munisipaliteit van Windhoek het gister van die krytvloer en die toue af probeer terugveg teen die vlaag van verset en kritiek deur inwoners oor hul jongste munisipale rekeninge.
- Namib Meulens sal binne die volgende week voortgaan met die aankoop van plaaslike wit mielies na ’n skriftelike waarborg van die Namibiese Akkerbouraad dat geen verdere uitsonderings vir die invoer van mielies toegelaat sal word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie