No Image Caption

20 jaar gelede

Sanet Pearson
Maandag 1 September 2003

– Die minister van binnelandse sake, mnr. Jerry Ekandjo, het onderneem om geen veranderinge voor 22 Oktober vanjaar aan die funksies van immigrasiebeamptes aan te bring nie en het die wiele aan die rol gesit om die wet op immigrasiebeheer in sy totaliteit te wysig.

– Afrikaans is steeds ’n lingua franca vir Namibiërs ná meer 13 jaar van onafhanklikheid en is die enigste huistaal onder die vyf hooftale wat in die land gebesig word, wat oor die afgelope tien jaar groei getoon het.

– Namibiërs se teleurstelling was gisteraand groot toe die land se verteenwoordiger, die 22-jarige Stefan Ludik, die sewende huismaat geword het om die Big Brother Africa-huis in Randburg, Suid-Afrika, te verlaat.

Dinsdag 2 September 2003

– Die Universiteit van Namibië se waarnemende dekaan vir studentesake oorweeg regstappe teen studente en ander persone wat vals inligting versprei in ’n poging om haar te teer en veer.

– “Dis lekker om uit te wees,” sê Namibië se eie Stefan Ludik, die jongste huismaat om uit die Big Brother Africa-huis gesit te word, met die ewe lekker brei in die stem.

– Opgewondenheid het gister op Walvisbaai geheers met die aankoms van die Indiese oorlogvaartuig, die INS Trishul, wat op 25 Junie in St Petersburg in Rusland te water gelaat is.

Woensdag 3 September 2003

– Die DTA sê die regering het die perseel van die nuwe Staatshuis onwettig beset.

– Sowat 97 persent van die beraamde 968 426 potensiële kiesers het met die afgelope registrasieproses geregistreer wat teen die einde van verlede maand ten einde geloop het.

– Hoop bestaan weer dat die Swakopmund se ou ysterkaai in sy geheel gerestoureer en vir die nageslag bewaar gaan word.

Donderdag 4 September 2003

– Die prys van Namibië se stapelvoedsel gaan in Oktober met sowat 25 persent val.

– Een van die omvangrykste landbouprojekte [groenskemas] in Namibië se geskiedenis om die land selfversorgend te maak in die voorsiening van groente en ander tuinbouprodukte, het met ’n formele kabinetsaankondiging oor die ambisieuse onderneming gestalte gekry.

– Die lank verwagte skeuring tussen die Namibië Premierliga (NPL) en die Namibiese Sokkervereniging (NSV) het toe uiteindelik gebeur.

Vrydag 5 September 2003

– Namibië se nuwe Staatshuis gaan die land byna ’n halwe miljard dollars (N$468 661 697) kos.

– Opgewondenheid heers in plaaslike en internasionale mynboukringe weens die ontdekking van ’n nuwe goudneerslag in die noorde van Namibië.

– ’n Gebrek aan instandhouding kan veroorsaak dat die seunskoshuis van Centaurus Hoërskool vir ’n onbepaalde tyd gesluit moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!