No Image Caption

20 jaar gelede

Sanet Pearson
MAANDAG 8 SEPTEMBER 2003

- ’n Nuuskonferensie waar die stadsraad van Windhoek sou antwoord op die ernstige klagte wat die DTA van Namibië ingebring het teen hul magteloosheid in die staatshuis-debakel is Vrydag sonder enige verklaring afgelas.

- Vier gewapende rowers moes ná verskeie skote uit die vuurwapen van ’n klant van die Woermann Brock-winkel in Hochlandpark hul strooptog gewonne gee met buit van ’n skrale N$200.

- United se verowering van die Eerste Rugbyliga was verdienstelik aan die span wat die seisoen konstant die beste rugby gespeel het.

DINSDAG 9 SEPTEMBER 2003

- ’n Sakeplan wat die toekomspad van Air Namibia moet uitspel, het ’n tree nader aan die werklikheid beweeg met die voltooiing van ’n konsultantverslag wat eersdaags aan ’n portefeuljekomitee van die kabinet voorgelê sal word.

- ’n Formele versoek is gister aan die regering gerig om die twee suidelike streke van Namibië, Karas en Hardap, as droogte-rampgebiede te verklaar.

- ’n Verwoestende brand het verlede week die meisieskoshuis van die Otjozondu Primêre Skool in puin gelê en sowat N$500 000 se skade aangerig.

WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2003

- Laer rentekoerse kan die sterk Namibiese dollar in sy spore stuit en inflasie in die land opnuut laat styg, het plaaslike markontleders gister gewaarsku.

- Die land is Maandag, in minder as ’n week, geskok met ’n tweede sinnelose tienermoord.

- Gebeure op die politieke front in Namibië begin in toenemender mate daarop dui dat die stert besig is om die hond te swaai.

DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2003

- Gunstige ekonomiese toestande wêreldwyd gekoppel met ’n swak vertoning van die Suid-Afrikaanse ekonomie het gister tot ’n repokoers-verlaging van een present in Suid-Afrika gelei en het die Bank of Namibia gedwing om sy koers dienooreenkomstig aan te pas.

- Namibië is saam met Botswana en Suid-Afrika deur die Amerikaanse juweliers-waaksaamheidskomitee uitgesonder as “van die mees stabiele demokrasieë met regerings wat bo verdenking is”.

- Buig of bars, die Namibiese rugbyspan sal aanstaande maand aan die Wêreldbekertoernooi in Australië deelneem ondanks die groot finansiële las wat dit op die Namibiese Rugby-unie plaas.

VRYDAG 12 SEPTEMBER 2003

- In Grootfontein se middedorp het die San-gemeenskap van die omgewing nou die streep tussen kulture getrek en weier hulle om op Tsumkwe hervestig te word.

- Die uitkontraktering van kragvoorsiening en verbandhoudende dienste in die Karasstreek aan Southern Electric Company (Selco) het die gemeenskap in opstand oor beweerde buitensporige duur pryse.

- Vertroue dat ’n blink toekoms op die pelsernywerheid van Namibië wag, is op Walvisbaai aan die ferme optrede van die minister van visserye, dr. Abraham Iyambo, toegeskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!