20 jaar gelede
Maandag 15 September 2003
- Skorpion se sinkmyn en raffinadery was Vrydag die blinkste ster aan die Suide-hemel met die amptelike opening van die toonaangewende multimiljard-aanleg deur president Sam Nujoma.
- ’n Verlammende droogte in groot dele van die land het die behoeftiges vir vanjaar se droogtehulpprogram en die geld wat nodig is om hulle vir die volgende agt maande te voed, bykans verdubbel.
- Die eerste reën vir die seisoen kan môre in die vorm van donderbuie oor die grootste gedeeltes van Namibië uitsak.
Dinsdag 16 September 2003
- Skokkende statistieke uit die kantoor van die aanklaer-generaal dui daarop dat minstens een persoon elke uur in Namibië verkrag word.
- Verdeeldheid onder sakelui, arbeidskonflik en onbevoegde plaaslike owerhede is die grootste vyande van ekonomiese vooruitgang.
- Die regte van kinders gaan vanjaar verder gevoer word met die indiening van wetgewing in die parlement om die status en regte van kinders te versterk.
Woensdag 17 September 2003
- Air Namibia het sy voet dwars neergesit oor die regstreekse inmenging in sy huishoudelike sake.
- Gevaarligte het opnuut begin flikker oor die vlakke van korrupsie in Namibië.
- Namibië as deel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu), moet uiters versigtig wees dat hy nie in die onderhandelinge vir ’n vryehandelsooreenkoms met Amerika aan die kortste end trek nie, het onafhanklike ekonome gewaarsku.
- Rassisme en neo-kolonialisme rassisme sal as dit moet, met wapen en sanksies beveg word, sê president Sam Nujoma.
Donderdag 18 September 2003
- Die storm wat verlede maand rondom die munisipaliteit van Windhoek losgebars het oor sy omstrede nuwe belastings en heffings woed voort en ’n nuwe gespreksforum met belastingbetalers in die stad is pas afgekondig om dié aangeleentheid verder te voer.
- Air Namibia het midde ’n herrie oor ’n misplaaste opdrag oor kostebesparing ’n belangrike deurbraak op twee fronte ten opsigte van passasier- en vragvervoer gemaak.
- Die beweerde kriminele oortreding deur ’n senior Windhoekse landdros sal aanstaande week voor die landdroskommissie vir oorweging ter tafel gelê word.
- Die Bank of Namibia (BoN) gaan ’n bewusmakingsveldtog aanpak om spelers in die plaaslike toerismebedryf op die hoogte van valutabeheerregulasies te bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie