20 jaar gelede
Maandag 22 September 2003
- Die veelbesproke en langverwagte stadspolisie vir Windhoek waarvoor belastingbetalers die afgelope twee maande reeds munisipale heffings betaal, het skynbaar tydelik tot stilstand geruk.
- Twee van die hoogste toekennings in die Suider-Afrikaanse gemeenskaps-pers is deur die advertensie-afdeling van Republikein losgeslaan.
Dinsdag 23 September 2003
- Namibië se nasionale rugbyspan kan dalk nie die Wêreldbeker wen nie, maar Namibiese trots behoort ’n voorbeeld vir die wêreld te wees.
- Swakopmund se sakelui en inwoners moet help kosgee aan die 30 lede van die polisie se Spesiale Veldmag wat nou tydelik op die kusdorp gestasioneer is om die ernstige vlaag van misdaad te help bekamp.
- Die Ohlthaver & List groep van maatskappye het die afgelope jaar ’n totale inkomste van N$1,6 miljard opgelewer.
- Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Oxysil, ’n immuniteitsversterkende aanvulling vir MIV-lyers, onwettig verklaar.
Woensdag 24 September 2003
- Die verspreiding van vanjaar se voedselhulp sal na verwagting teen die einde van volgende maand landwyd begin.
- Die politieke gevegslyne is tussen die National Unity Democratic Party (Nudo) en die DTA getrek.
- Een van die grootste besoedelingskrisisse in die bestaan van Namibië is afgeweer toe ’n afvaardiging van drie in Pretoria ’n ooreenkoms beding het ingevolge waarvan die bestuur van afvalplastiek vir herverbruik na Suid-Afrika hervat kan word.
Donderdag 25 September 2003
- Die skandlys van altesaam 4 363 kommersiële boere wat tot dusver versuim het om hulle plase te registreer vir belastingdoeleindes, is opnuut in omstredenheid gedompel.
- Namibiërs sal binnekort 45 persent meer moet opdok as hulle private briewe van standaard-grootte binnelands wil pos.
- Die hulpkrane is vol oop gedraai vir die Namibiese rugbyspan se veldtog na die wêreldbekerbyeenkoms in Australië, met hulp wat van binne en buite die landsgrense binnestroom.
Vrydag 26 September 2003
- Parlementêre pogings om duidelikheid oor die omstrede nuwe staatshuiskompleks te kry, waarvan die onkoste nou al op sowat N$500 miljoen staan, het gister skipbreuk gely.
- Drie stokkiesdraaiers van Windhoek en ’n goeie dosis toeval het ’n Suider-Afrikaanse geldwas-sindikaat in Namibië aan die man gebring.
- Die droogte wat vanjaar groot dele va die land swaar tref, laat ook sy merk op vanjaar se Windhoek Skou met minder diere wat uitgestal gaan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie