20 jaar gelede
Maandag 29 September 2003
- ’n Uitgebreide polisieondersoek is van stapel gestuur na die oorsprong van sowat N$1 miljoen in vervalste Suid-Afrikaanse R100 note wat verlede week deur drie seuns in ’n stormwatertonnel by die Hoër Tegniese Skool in Windhoek ontdek is.
- Die stembusse vir die tussenverkiesing in die Windhoek-Wes-kiesafdeling open môre om 07:00 en sowat 18 000 geregistreerde kiesers sal die geleentheid gebied word om hul demokratiese reg uit te kan oefen.
- Die direksie van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Musikale Outeurs (Nascam) het gister die skorsing van dié liggaam se uitvoerende hoof, mnr. Brian !Gonteb, bevestig.
Dinsdag 30 September 2003
- Die ministerie verantwoordelik vir staatsgeboue was gister stom verbaas om te verneem dat tientalle Oosterlinge hul intrek in die Phillip Trotsky-tehuis in Robert Mugabe-rylaan geneem het.
- Die dag van die Namibiese kind is die afgelope naweek landwyd gevier met die sentrale boodskap dat elke landsburger die verantwoordelikheid het om na die belange van kinders in die land om te sien.
- Die welkome reën, wat die afgelope naweek in Windhoek voorgekom het, word as een van die redes aangevoer vir die bykans 800 minder besoekers Sondag aan die Windhoek-skou.
Woensdag 1 Oktober 2003
- Die verskuilde aankoop van twee weelde-helikopters vir uitgesoekte regeringsamptenare kan vandeesmaand met die indiening van die bykomende begroting vir nog ’n vurige debat op die hakke van die nuwe staatshuis-debakel sorg.
- ’n Bende gewapende rowers het gister helder oordag, en voor die oë van twee sekuriteitswagte, byna ’n vrou doodgeskiet en ’n sak vol kontant wat vir salarisse bedoel was gebuit.
- Nog ’n eis teen die staat vir aanranding, onwettige arrestasie en aanhouding, kort ná die Caprivi-opstand van 2 Augustus 1999, is buite die hof geskik.
Donderdag 2 Oktober 2003
- Die seun van ’n gesiene boer van Leonardville en ’n tweede verdagte is vanoggend in polisie-aanhouding in verband met die noodlottige tref-en-trap-ongeluk minder as twee weke gelede in Windhoek waarby die kleindogter en ’n susterskind van die adjunkpremier, eerw. Hendrik Witbooi, betrokke was.
- Die trae optrede van mnr. Aziz Kyababa wat die Phillip Trotsky-tehuis onwettig uitverhuur aan Oosterlinge wat hoofsaaklik by Ramatex werksaam is, kortwiek die ministerie van werke, vervoer en kommunikasie se pogings om ’n einde aan die besetting van die geboue te bring.
Vrydag 3 Oktober 2003
- Die wêreld se grootste oopgroef-uraanmyn, Rössing in die Namib, het gister gesteier voor die versterkte wisselkoerse tussen die Namibiese dollar in sy gelyke waarde aan die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar.
- Verkennende gesprekke tussen buurlande later vandeesmaand, kan tot gevolg hê dat Namibië in die toekoms die kern van waarskynlik die mees unieke natuurpark in die wêreld word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie