No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 6 OKTOBER 2003

- Feestelikhede tydens die eerste Koperfees ooit wat op Tsumeb aangebied is, het Saterdag taamlik gedemp begin ná ’n man vroeër die oggend by die biertent met ’n mes vermoor is.

- ’n Hond wat na bewering vir ’n Oosterse restaurant se hutspot bestem was, het Vrydag ’n aardige herrie in die hoofstad veroorsaak.

- Die Windhoekse stadsraad word deur die erkende werkersunie van die plaaslike owerhede (Laun) van agterbaksheid beskuldig.

DINSDAG 7 OKTOBER 2003

- Nudo bly vir eers ’n lidparty van die DTA, maar Nudo se president, opperhoof Kuaima Riruako sal nie na die Nasionale Vergadering terugkeer nie.

- Vlieëniers moet vlugte summier aflas wanneer brandstofproppe verloor of brandstofmeters nie behoorlik funksioneer nie.

- Laksheid van beide die regering en die plaaslike private sektor het Namibië reeds gulde sakegeleenthede in Angola gekos en Namibiërs sal hul sokkies moet optrek indien hulle in die winsgewende heropbou van hul noordelike buurland wil deel.

WOENSDAG 8 OKTOBER 2003

- Brandstofpryse kan aanstaande week daal weens die sterk vertoning van die Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse geldeenheid en die volgehoue aanvaarbare vlakke van pryse van ru-olie.

- Namibiërs leef in ’n ekonomiese werklikheid wat onregverdig, ondemokraties en nie volhoubaar is nie.

- Namibië het die afgelope jaar met 13 plekke teruggesak op die internasionale Korrupsie-persepsie-indeks maar word, soos verlede jaar, naas Botswana, steeds as die land met die minste korrupsie in Afrika geklassifiseer.

DONDERDAG 9 OKTOBER 2003

- Die burgerlugvaartbedryf steier vanoggend onder die nuus dat die adjunkdirekteur van die direktoraat burgerlugvaart, mnr. Larry Makanza, se dienste beëindig is.

- Plaaslike sakelui sal die prys moet betaal sodat die publiek vanaf volgende maand 20 persent minder vir hul internasionale telefoonoproepe buite spitstyd hoef op te dok.

- Die Noord-Koreaanse maatskappy wat verantwoordelik is vir die bou van die nuwe Staatshuis in Auasblick het gister onderneem om streng dissipline in sy arbeidsmag af te dwing en ook om die Namibiese leefwyse en kultuur te eerbiedig.

VRYDAG 10 OKTOBER 2003

- Ongunstige ekonomiese toestande en ’n verhoging in die koste van sekere staatsprojekte het die regering gedwing om uitgawes in die huidige boekjaar met sowat N$418,2 miljoen te besnoei in ’n poging om staatskuld in bedwang te hou.

- Namdeb het gister bevestig dat die maatskappy kwesbaar bly met die wisselvalligheid van die wisselkoers en dat die sterk vertoning van die rand teenoor die Amerikaanse dollar ’n negatiewe invloed op sy bedrywighede het.

- Die beskermheer van Namibiese rugby en voormalige eerste minister, mnr. Hage Geingob, het sy volle steun aan die Namibiese rugbyspan vir sy deelname aan die Wêreldbeker-kampioenskap wat vandag in Australië begin, toegesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!